Titel First edition German English Afrikaans Serbian Slovak Czech Spanish Help
Hoofstuk 23 Die Aarde

[AAR 23.3] Op die hoogte in die berge waaroor ons al gepraat het, kan hierdie ondersteuning egter nie die uitwerking hê soos in `n laer geleë streek nie, omdat, soos wat alreeds uiteengesit is, die strale daar nog nie voldoende digtheid bereik het nie. Dit gebeur omdat die lugkring om die aarde `n lensvormige ronde deursigtige liggaam vorm. Dit is as`t ware `n groot brandglas, waarby die invallende sonstrale nie dadelik hulle volle sterkte agter die lens het nie, maar net verder weg, op `n afstand wat gelyk is aan die helfte van die deursnee van die periferie (sirkelvormige buiterand), waaruit die bolvormige oppervlak van die brandglas geneem is; maar die strale kom steeds agter die brandglas nader na mekaar toe en kry dus `n steeds sterker werking totdat dit ten slotte hulle hoogste krag in die brandpunt bereik. Die brandpunt van die groot luglens sou net in die middelpunt van die aarde geval het, waar `n sonstraal egter nooit deurdring nie. Nietemin word die ligstraal, wat op die oppervlakte van hierdie groot aardlens val, steeds digter en werksamer hoe meer hy die aarde en tegelykertyd sy brandpunt nader. Objekte soos byvoorbeeld die berge, lê al meer in die minder digte deel van die ligstrale as die dieper geleë dale en veral die seegebied van die aarde; die strale van die ver verwyderde sterre kan nog geen merkbare digtheid in die berge hê en dus ook geen invloed op die plantegroei uitoefen nie. Met ander woorde: Hierdie ligstrale vorm op sulke hoogtes nog geen spesifika nie. Daarom kan die plantsoorte, wat hierdie spesifika nodig het, nie meer op sulke hoogtes gedy nie.

Hoofstuk 23 Mobiele weergawe Kommentaar