Titel German English Afrikaans Serbian Slovak Czech Help
1 2 Resultate 0 - 20 van 39

[GS 1.25.4] Slegs die helder verstand bepaal die werklike grense van die behoeftes van sy subjektiewe wese, en sy verlang dan in alle objektiwiteit slegs die korrekte mate van sy eie beperktheid, en hierdie maat heet: Volle tevredenheid. Wie tevrede is met dit wat hy langs die weg van sy helder verstand, as die korrekte maatstaf van sy eie beperktheid erken, het die ware hemel gevind en sal hom sekerlik ewig geen ander wens nie, omdat hy duidelik sal insien, dat vir die maatstaf van sy eie beperktheid, niks anders deug nie, as juis dit wat volkome daarmee ooreenstem.”

[GS 1.55.8] Ek het weliswaar dikwels heimlik gedink: As Christus hom maar net vanaf Sy hoë troon êrens heen kon begewe het, waar ek Hom heel alleen kon gryp en gekry het, dan sou ek Hom waarlik uit die diepste van my hart kon liefhê, maar met my te geringe liefde vir die ontoeganklike lig, het ek, soos gesê, nóg die Vader, nóg die Seun in hulle ontoeganklike lig kon nader. Ek vind dit trouens volkome teennatuurlik om liefde, of dit nou `n geestelike of `n liggaamlike betref, op iets in die oneindigheid te rig, want liefde verlang `n bereikbare objek - om iets onbereikbaar lief te hê, vind ek klinkklare onsin.

[GS 2.5.11] Die verskil sou julle op `n aardse manier kan vasstel as julle `n goeie verkyker sou hê. As jy daar aan die goeie kant deurkyk, dit wil sê as jy die groot objektiefglas na buite keer en die klein okulêrglase teen jou oë hou, dan sal jy die voorwerpe wat jy bekyk ook in sy natuurlike vergroting sien, want dan kyk jy as`t ware vanuit die sentrum na die stralebereik van die objektiefglas. Maar wanneer jy die verkyker omdraai, dan sal jy die voorwerpe wat jy vooraf gesien het, ook wel sien, maar hulle sal in dieselfde mate waarin hulle eers vergroot was, nou verklein verskyn. En julle sal julle baie moeite moet troos as julle die ietwat verder verwyderde voorwerpe sal kan onderskei en dit volledig wil herken.

[GS 2.5.14] Wie egter vanuit die Heer sy broeder liefhet, kyk vanuit die sentrum van die stralebrandpunt, uitgaande van die objektief van sy verkyker, al sy broeders liefdevol aan en sien dan in sy broeders baie meer as voorheen.

[GS 2.40.9] Ja my liewe vriende en broeders, ons bevind ons hier op die eerste vlak bokant die halwe hoogte van die gebou en daarom het ons nou al met voorwerpe van suiwer wysheid te make. Tot nou toe het ons onsself in die fondament bevind, dit wil sê in die liefde, maar nou gaan ons uit die liefde na die wysheid en dit is vir God `n gepaste weg. Omdat objekte van die wysheid tog beduidend moeiliker te begryp is as objekte van die liefde, moet ons onsself hier ook ietwat meer inspan om nie, soos julle gewoonlik sê, die oorsig kwyt te raak nie.

[GS 2.44.16] Daarom is dit ook noodsaaklik dat elkeen, wat die lewe van sy gees wil binnegaan, hom daagliks `n tydjie in die volkome rus van sy gees begewe. Tydens hierdie rus moet hy hom nie met allerlei gedagtes besig hou nie, maar slegs één gedagte vashou en dit onafgebroke as `n bepaalde objek beskou.

[GS 2.47.5] As ons trouens baie aandagtig na die vlak wand kyk, ontdek ons nie eens een of ander toegangsdeur nie en dit dui baie sterk daarop dat hier, óf suiwer geeste woon, óf dat glad niemand daarbinne woon nie. Waarlik, oor hierdie hoogs lugtige inrigting sou mens hom werklik `n bietjie kan amuseer, want waar niks te sien is nie, is vir die kykende subjek ook eintlik geen objek voorhande nie. Ons sou wel net wil weet hoe mens dan sonder `n objek tot `n duidelike begrip oor die een en ander sou kan kom. Mens sou hoogstens vanuit sy eie fantasie `n baie sterk hipotese kan opstel, dit dan soos in `n kaartspel deurmekaar skommel, in `n bak gooi, een op goeie geluk uittrek en dit dan tot hoofprys maak.

[GS 2.57.21] Julle weet egter dat ons onsself hier op `n sentrale son bevind, waarop die lig in `n onmeetbare intensiteit tuis is. Om die rede is alles ook hier so hoogglansend gepoleer, sodat daardeur al die lig wat op die voorwerpe inwerk, ondanks sy immense intensiteit, nagenoeg tot op die laaste druppel teruggewerp word en daardeur nie in `n vernietigende wisselwerking met die objekte kan tree nie.

[GS 2.66.13] Kyk, soos daar in die natuurlike wêreld verskynsels is waarvan mens kan sê: Dit lê naby, maar dit lê ruimtelik veraf, so kom daar in die geestelike wêreld ook verskynsels voor waarby `n objek homself tot op `n groot afstand terugtrek. En al sou dit op sigself hoe groot wees, en uit `n ontelbare geestelike veelheid bestaan, dan nog sal dit op die geestelike afstand tog as `n slegs konkrete wese, maklik oorsien kan word.

[GS 2.80.20] Daaruit volg egter dat, nie slegs die sogenaamde foutiewe omskrewe "ontug", wat mens eerder "genotsug" sou kan noem, in die ry van die sondes wat deur ons behandel is, tuishoort nie, maar elke vorm van genotsug, hoe ookal. Maar dit moet veral as sonde van onkuisheid beskou word, as `n man die swak vrou egoïsties tot sy lusobjek maak. `n Kort vervolg sal ons hierdie saak nog helderder voor oë stel.

[GS 2.111.11] Neem byvoorbeeld `n skrynwerker wat `n kis moet vervaardig. Daarvoor het hy gereedskap nodig wat aan julle bekend is. Hy werk vlytig en sal binne enkele dae sy kis klaar hê. Daarvoor was veral die drang wat hom tot sy ywer aangesit het, die rede. Waarom was hy dan so vlytig en het hy gevolg gegee aan sy innerlike drang? Omdat hy die kis so gou moontlik vir gebruik voltooi wou hê. Verdere vraag: Waar kom hierdie drang vandaan, waar lê sy oorsprong? Hierdie drang is afkomstig van die skeppende vermoë van die gees. Hoe dan wel? Die gees dra die eienskap in homself om dit wat hy in sy gedagtes geskape het, ook dadelik as objek te wil realiseer.

[STE 13.26] Maar daarom het Ek nou `n baie groter verkyker aan die werk! Jy sal sekerlik begryp wat Ek daarmee wil sê, omdat jy self `n bietjie daaraan saamwerk; `n hele sentraalsonskyf moet as objektief dien. Hierdeur wil Ek die aantal mense wat handel volgens My woord presies bekyk. Sou daar dan op die hele aarde nog `n tiental wees, dan wil Ek My oordeel nog duisend jaar uitstel; is hulle egter minder as tien, dan sal Ek My geduld tot aan `n groot algemene oordeel bepaal ooreenkomstig die aantal mense wat volgens My woord handel, - vir elke mens `n jaar. 

[STE 13.31] Ek glo dat dit ook duidelik mag wees; maar vanweë die vergroting van die objektief van My verkyker, die volgende keer tog weer `n sentraalson.

[AAR 23.3] Op die hoogte in die berge waaroor ons al gepraat het, kan hierdie ondersteuning egter nie die uitwerking hê soos in `n laer geleë streek nie, omdat, soos wat alreeds uiteengesit is, die strale daar nog nie voldoende digtheid bereik het nie. Dit gebeur omdat die lugkring om die aarde `n lensvormige ronde deursigtige liggaam vorm. Dit is as`t ware `n groot brandglas, waarby die invallende sonstrale nie dadelik hulle volle sterkte agter die lens het nie, maar net verder weg, op `n afstand wat gelyk is aan die helfte van die deursnee van die periferie (sirkelvormige buiterand), waaruit die bolvormige oppervlak van die brandglas geneem is; maar die strale kom steeds agter die brandglas nader na mekaar toe en kry dus `n steeds sterker werking totdat dit ten slotte hulle hoogste krag in die brandpunt bereik. Die brandpunt van die groot luglens sou net in die middelpunt van die aarde geval het, waar `n sonstraal egter nooit deurdring nie. Nietemin word die ligstraal, wat op die oppervlakte van hierdie groot aardlens val, steeds digter en werksamer hoe meer hy die aarde en tegelykertyd sy brandpunt nader. Objekte soos byvoorbeeld die berge, lê al meer in die minder digte deel van die ligstrale as die dieper geleë dale en veral die seegebied van die aarde; die strale van die ver verwyderde sterre kan nog geen merkbare digtheid in die berge hê en dus ook geen invloed op die plantegroei uitoefen nie. Met ander woorde: Hierdie ligstrale vorm op sulke hoogtes nog geen spesifika nie. Daarom kan die plantsoorte, wat hierdie spesifika nodig het, nie meer op sulke hoogtes gedy nie.

[RB 1.32.14] Want wat mens glo, glo hy sonder bewys, omdat die geloof op sigself niks anders is as, oftewel `n traagheid, of dikwels ook `n sekere volgsaamheid van die verstand. Eis `n aktiewe verstand egter `n bewys van `n geloofsobjek, en dit kan dan voldoende aan die verstand gegee word, dan hou die geloof sondermeer op om geloof te wees, want dan word dit `n duidelike oortuiging!

[RB 1.35.11] Was dit nie dalk by jou die geval in die laaste tyd nie, toe jy die vroulike geslag alleen maar gesien het as `n suiwer lusobjek nie? Het jy nie ook in sulke onsuiwer genoegdoening die eintlike aardse geluksaligheid gevind nie? En as jy nou sal oorgaan in `n suiwer geestelike saligheid, is daar in jou byna geen grond waarop mens iets sou kan bou nie. Kyk maar, rondom jou is alles leeg, so leeg soos in jou hart, en net so wesenloos as in die lewenskamertjie van jou hart.

[RB 1.69.4] Die Patetikus is nou met stomheid geslaan, omdat hy met die opmerking van sy vriend eens is. Maar `n derde uit die geselskap staan op en sê: "Waarde vriende, julle al twee verstaan die saak heeltemal verkeerd. Kyk, hierdie verandering het in my oë `n heel natuurlike oorsaak. Ons is in die suiwer geesteswêreld. Ons lewe is niks anders as `n suiwer droom nie, en wat ons nou sien is `n spel van ons fantasie, waarin niks eg en waar is nie, behalwe jouself. Hierdie fantasie laat daar nou by ons allerlei taferele voor ons afspeel, wat hulle aan die droomsintuie van ons siel voordoen as objektiewe werklikhede. Hulle beteken egter ewe weinig as die beelde, wat ons op aarde deur middel van `n towerlantern tot stand bring. Kyk, so staan die saak hier! Begryp julle dit?"

[RB 1.104.14] Die woorvoerder van die geselskap sê: "Ja, ja, vriend, `n sterk honger, dan sal al die ander wel agtermekaar kom! Vir die hongeriges is die een `n god wat hulle iets te ete gee. Diegene egter, wat geen honger het nie, dit wil sê, nóg objektiewe, nóg subjektiewe behoeftes, vra nie baie na God en Sy ryk nie. Wanneer vir iemand, byvoorbeeld, wat deur `n sekere onverskilligheid in sy hele wese bevange is, en daarby deur slaap oorval word, sodat hy nouliks meer by sy bewussyn is, gepreek word oor moraal en deug, dan sal hy geen aandag daaraan skenk nie, want sy sinne is traag en sy gees slaap!

[RB 2.292.8] Robert sê: “Heer en Vader, dat dit so is, sien ons nou duidelik in, maar nog lank nie die kern daarvan nie. Want van die nodige teenstellings of objekte, wat vir die sigbaar maak van iets, wat “die eerste” is, noodsaaklik is, kan ek my nog nie so goed `n voorstelling maak nie.” `n Eerste moet tog beslis iets baie eg wees, anders sou `n tweede nooit daaruit kon voortgekom het nie. Nou kan mens hom afvra, waarom die eerste uit die uit haar ontstane tweede, vir sy eie openbaring `n objek moet vorm om vir die teenoor hom staande tweede sigbaar te word.”

[RB 2.296.8] Op aarde bestaan iets dergeliks ewenwel nie. Slegs die sogenaamde noodlot as lugspieëling kom enigsins in aanmerking daarvoor. Maar sy haal dit tog lank nie by die spieëlbeelde hier nie, want sy neem elke objek op wat sy voor haar plaas. Hierdie spieëlbeelde in My huis neem slegs op, wat met hulle ooreenstem. Iets wat meer daarna sou lyk, sou wel die verskillende kleurskakeringe deur `n prisma kon wees, waarby `n bepaalde vlak by een en dieselfde wending slegs `n bepaalde kleur terugkaats. Wat so `n prisma egter met die vormlose kleure doen, dit bewerkstellig die spieël hier met die vorms wat uit die harte van die voor hom staande engelgeeste op sy oppervlak straal en in ooreenstemming met die aard van sy eie oppervlak teruggekaats word.

1 2 Mobiele weergawe Kommentaar