Titel German English Afrikaans Serbian Slovak Czech Help
3 Resultate

[GJE 2.137.16] Sê Ek: “Dit is vir jou, My allerliefste Jarah, nog veels te hoog! Maar van weë My besondere liefde vir jou, sal Ek nogtans vir jou iets sê: Sien, Ek kan wel alles sedert ewigheid af weet wat met ‘n mens sal gebeur, indien Ek dit wil; maar sodat die mens gedurende die jare van sy ryp wording, vry en ongehinderd kan optree, trek Ek vir ‘n bepaalde tyd My oë van hom af weg en neem geen kennis van sy vrye handelinge nie, behalwe hy vra vir My innig, om hom gedurende die vrye geveg met die wêreld by te staan. Dan sal Ek na hom kyk, sal hom op die regte pad help en sal hom by die geveg met die wêreld die nodige krag verleen. {mt.07,07-08; lk.11,09-10; jl.bmar.179,14; jl.ev01.145,04-05; jl.ev03.100,17; jl.ev05.267,03; jl.ev08.069,02; jl.ev08.108,11-14;}

[GJE 3.100.17] Wie soek, soos jy al lankal gesoek het, hy sal vind. Wie vra, soos jy, vir hom sal gegee word, en wie aan die regte deur klop, soos jy nou aangeklop het, vir hom sal oopgemaak word. Maar gaan nou na Mathael en vertel hom alles wat Ek jou nou gesê het!" {mt.07,07-08; lk.11,09-10: jl.bmar.179,14; jl.ev01.145,04-05; jl.ev02.137,16; jl.ev03.100,17; jl.ev05.267,03; jl.ev08.069,02; jl.ev08.108,11-14; jl.ev11.007,10;}

[GJE 3.123.4] 'O Jy my heilige Vader in die hemele! Jou Naam sal geheilig word! Laat Jou Vaderliefde kom na ons arme dooie en nagvolle sondaars! Jou enig heilige wil geskied hier op hierdie Jou aarde soos in al Jou hemele! As ons teen Jou ewige, heilige orde gesondig het, vergeef ons dan die dwaasheid en wees geduldig en toegewend met ons, soos ook ons met diegene geduld en begrip toon wat ons op die een of ander wyse onreg aangedoen het! Moet dit tog net nie toelaat dat ons in ons liggaamlike swakheid enigsins bo ons vermoë deur die wêreld en deur die duiwel versoek word nie, maar verlos Jy ons deur Jou groot genade, liefde en barmhartigheid van die duisendvoudige soorte kwaad waardeur ons liefde tot Jou, o heilige, groot, goeie Vader, vertroebel en verswak sou kan word! Maar as ons honger en dorstig is, sowel geestelik as liggaamlik, dan gee Jy, goeie, liewe Vader, vir ons wat ons volgens Jou heilige goeddunke daagliks nodig het! Aan Jou al my liefde, alle eer en alle lof vir ewig en ewig! {mt.06,09-13; lk.11,02-04; mk.11,25-26: jl.ev10.032,06**; jl.ev08.092,05-06*; jl.him1.293,08-294,17*; jl.ev11.338-339; jl.him2.160-168; jl.ev03.123,04; jl.ev01.076,02; jl.ev01.155,16-17; jl.ev08.140,04-08; jl.ev09.210,03; jl.rbl2.248,14; jl.bmar.179,01-03; LGeh.104; jl.KenZ.152; VatB.160}

Mobiele weergawe Kommentaar