Titel First edition German English Afrikaans Serbian Slovak Czech Spanish Help
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Resultate 0 - 20 van 2613

[HG 1.1.9] Diegene, wie die skrif besit en dit nie lees nie, kan met iemand vergelyk word, wat langs ‘n put met skoon water staan en dors is, maar wat hy nie wil drink nie, hetsy uit ‘n sekere geestelike waterskuheid nes honde met hondsdolheid, wat in plek daarvan, om hul bekke in die water te druk om te genees eerder in harde klippe byt, om die brandende dors te les, of meestal as gevolg van ‘n sekere flou traagheid, laat hulle vir hulle liewers deur ‘n paar lui bediendes, uit die naaste poel, stinkende modderwater aandra om hulle dors te les, sodat hulle dan almal erg tot niet sal gaan.

[HG 1.5.12] En sien, toe het daar drie gevorm, en vanuit hulle het sewe voortgegaan! En die drie was gelyk aan die Liefde, die Lig en die Godheid; en die sewe was gelyk aan die sewe geeste van God, en hulle heet en sal vir ewig heet: 1. Wees lief vir die Liefde. 2. Vrees die Godheid wat doodmaak, - sodat julle nie doodgemaak word nie. 3. Die Liefde in julle is heilig; daarom moet julle vir julle ondermekaar respekteer, net soos die Liefde vir julle in die Godheid respekteer en vreugde aan julle het. 4. Elkeen is sy eiendom en die eiendom van die Liefde van God; daarom moet nie die een die ander een beroof nie. 5. Niemand mag ooit sy aangesig voor die ander bedek nie, sodat die ander een nie kan weet, wie die Liefde is nie, - daarom is julle soos die Liefde, wat julle gemaak het. 6. Julle innerlike moet ook julle uiterlike wees, sodat geen valse roeringe in julle ontstaan en julle tot niet sal gaan nie. 7. Julle uiterlike is die getroue refleksie van julle innerlike spieël, waarin die Liefde van die Godheid Homself aanskou; anders sal die innerlike spieël breek en julle voorkoms sal skrikwekkend word.

[HG 1.5.27] En nou sien en lig jou oë na bo, en jy sal die wonders van die ewige Liefde begryp! Jy sien ten alle tye die glans van die son, die lig van die maan en die glinstering en flikkering van die sterre in hul veelvoudige posisies, wat julle sterrebeelde noem; jy sien ook die mees verskillende vorms in al drie ryke van die natuurlike aarde; alleen tot nou toe, het nog niemand behoorlik begryp, wat en waarvandaan die glans van die son kom nie, en hoe dit aan haar toegedeel word, en wat die lig van die maan, en die glinstering van die sterre en hulle geflikker en hulle veelvoudige konfigurasies, en al die voorkomste op aarde, behels nie.

[HG 1.5.29] Nou sien: Terwyl al die sonne met die aardes deur die mag van die barmhartige Liefde van die ewige en oneindige God geword het, het hulle nog nie ‘n glans gehad nie, geen lig, geen glinstering en geen geflikker nie, want dit was nog groot nag op die sonne en aardes en mane wat in wording was; maar in die sentrum van die sonne het die ewige Liefde ‘n klein vonkie van Sy genade geplaas en hierdie vonk het vinniger as ‘n weerligstraal die donker massas verhelder, en sien, hulle het vir die aardes met ‘n groot glans lig gegee, soos hulle vandag nog lig en voortaan sal lig vir solank die genadevonk nie van hulle geneem sal word nie.

[HG 1.7.4] En sien en luister verder: Die aarde het goed gevoel; want sy was met die liefde van barmhartigheid vervul en het haar liefling, die maan, vrolik om haar sien wentel. En die Liefde het haar wye bors met die asem van barmhartigheid gevul, asof sy vir die kind nog ‘n keer haar bors vol van genademelk wil gee; maar sien, die melk het deur die warmte van die barmhartige Liefde dik geword en het in vaste grond verander en bokant die seë uitgereik. En die seë het teruggesak na die dieptes en was soos die water, wat by die dik-word van melk, afgesonder word, ter versagting van die inwonende grimmigheid, deur die sout van genade en deur die barmhartigheid van die Liefde uit God in alle mag en krag.

[HG 1.9.19] En nou sien en luister en verstaan goed, wat daarna gebeur het en wat die Godheid daarop geantwoord het! Die vuur het bedaar, en uit alle ruimtes het ‘n sagte asem gewaai, gemeng met nog sterk rollende donderslae, wat deur die vlieënde puinstukke van die wêrelde wat uitmekaar gebreek het, veroorsaak was, en wat van een onmeetbare ruimte tot ‘n ander nes groot weerligte brandend geflikker het. En die Liefde het die donderslae van God verstaan, wat met heftigheid gesê het:

[HG 1.10.5] En nou kyk op na die hemel; hulle lig in veelvoudige orde en in veelvoudige prag, - die’ met ‘n rooierige lig as teken van My medelye, en die’ met ‘n wit lig as teken van My vreugde oor die groot genade van die oorheilige en oorgoeie Vader. En daardie wit flikkerende breë band bokant die sterre van medelye en vreugde, wat ook uit sterre van die voortyd bestaan en deur trane van die barmhartige Liefde oor die reeds destyds gevalle geeste onstaan het, en wat in die middel van die hemel se wye ruimtes getrek is, dien vir julle as teken vir die ewige, heilige verbond tussen die ewige Liefde, wat vir julle en alles, wat daar is, gemaak het, en tussen die Godheid wat volgens Sy ewige heiligheid oordeel.

[HG 1.13.17] Verlaat nou jou offeraltaar en gaan staan aan my linkerkant, sodat die tugtigende regterhand vir die oortreders oop bly, en volg vir my na die woning van sonde! En wanneer ek die slapende sondaars uit die dronkenskap van hoerery wakker gemaak het en hulle, vreesbevange, voor die swaard van geregtigheid sal vlug, dan moet jy vir hulle as ‘n medevlugteling volg en moet vir jou ouers van jou liggaam ‘n klein deel van die verlore geskenk agterna dra en dit vir hulle as versterking gee daar, in ‘n land ver hiervandaan waar hulle moeg en uitgeput weenend op die aarde sal neersak, die land wat ‘Ehuchil’ of ‘Land van toevlug’ genoem word. En in daardie land moet jy ook ‘n offeraltaar oprig net soos hierdie een, wat voortaan sal brand, ook onder die waters, en wat eendag oor die aarde sal kom, en in ‘n berg, wat nie deur ‘n sterflike voet geklim sal word nie, sal verander, tot die groot tyd van die tye, waar dit sy hoof sal laat sak na die laagtes, wat daar sal heet ‘Bethlehem’ of die stad van die groot Koning, en wat eendag die grootste op aarde sal word; want sy lig sal helderder skyn as die lig van alle songeeste der geeste. En op hierdie nuwe altaar moet jy jou dankoffer aan die Here bring, vanuit alle ryke op aarde in hierdie land van toevlug, sodat dit deur die sondaars geniet kan word en diegene wat berou het kan versterk en diegene wat treur kan troos!”

[HG 1.13.27] Toe het hy op sy aangesig voor die Engel van die Here neergeval en het geween en het begin om hardop vir genade te pleit; want die vlammende swaard het vir hom die oë oopgemaak, en hy het in die gruwellig van geregtigheid en straf die volle las en omvang van die onbeskryflike ongeluk, waarin hy homself en al sy familielede deur sy ligsinnigheid gedompel het, waargeneem.

[HG 1.13.44] Want sien, die oorhandiging van die swaard beteken die volle vryheid, net soos wat ek dit het, en op die’ manier het die wil van die Here jou eie geword en het vir jou bo al die wette geplaas en het die gebooie jou eiendom gemaak, en nou is jy, nes ek, ‘n onsterflike seun van die Liefde van die heilige Vader in die skoon ryk van lig van die vrye geeste!

[HG 1.14.4] En nou sien en luister, wat gebeur het, toe die vrome Ahbel sy gebed wat vir My aangenaam was voltooi het: En sien, toe begin ‘n koel windjie oor die dorre woestyn te waai, en ligte wolke het die wye ruimtes van die hemel omhul, en dit het oor die hele woestyn begin om te reën, en te midde van die reën het ook saadkorrels van allerlei soorte in die vore wat deur die sterk reën van Jehova in die andersins dorre woestynsand gemaak is, geval. En in ‘n oomblik was die wye woestyn groen van gras, plante, struike en bome duisendvoudig, en op die plek, waar die vrome Ahbel, gekniel het en in die gees en in waarheid na My gebid het, het ‘n groot boom met wye takke en breë blare, tot byna in die wolke opgegroei en was vol behang met broodvrugte met ‘n lieflike soet smaak, en die naam ‘Bahahania’ (of ‘Versterking en lafenis vir die swakkes’, ook nog steeds by julle bekend as die ‘broodboom’) was vir hom gegee.

[HG 1.24.4] En sien, toe begin Cahin na afloop van ‘n tydperk van sewe-en-sewentig jaar weer, om tot My te bid, en dit vir drie dae lank, dwars deur die dag en die nag, sonder om op te hou, en het aanmekaar geskree: “Here, Jy Regverdige, Jy Liefdevolste, kyk genadiglik af op Jou grootste skuldenaar, en doen met my volgens Jou heilige wil!” En hierdie woorde het hy duisend en duisend keer herhaal.

[HG 1.25.3] En sien, so leef daardie Atheope natuurlik en geestelik tot op hierdie uur, verborge op ‘n klein landjie in die middel van die groot waters, wat nooit deur ‘n sterfling gevind sal word nie, as iemand wat voortdurend julle doen en late dop hou.

[HG 1.26.4] Maar sien, toe het sy onderdane dit agtergekom dat hy laat slap lê het, en het sy blindheid uitgebuit. Toe het ook sy bediendes dit agtergekom, hoe sake staan, en was baie geslepe en slim, soos die slang self, en het dus probeer om hulle heerser op alle moontlike maniere voortdurend aan die slaap te hou en het ook met leuens aan die onderdane, alle moontlike vermaaklikhede toegestaan - so te sê as ‘n toegeeflikheid van die vors -, wanneer hulle met ywer hulle steeds toenemende gawes aan hulle gelewer het.

[HG 1.26.10] En sien, hierdie mooi praatjies van sy diensknegte het sy eieliefde en ydelheid sodanig gestreel, dat hy tot alles onmiddelik en volledig ingewillig het. O die ongelooflike dwaas!

[HG 1.27.5] En sien, toe sê Hanoch vir hulle: “Dan luister vir my en verneem my wil, wat daar geweldig is: Elkeen van julle, my tien getrouste diensknegte, moet elkeen een stad in my naam betrek, beheers en regeer en wette volgens die regte insig en erkenning gee en om presies en streng by die noukeurige navolging daarvan te hou! Indien iemand van julle in die regverdige ywerigheid sal laat slap lê, oor hom sal ek vir hom, wat die getrouste en ywerigste onder julle was, aanstel. Aan die aflewering van die vrugte sal ek vir julle herken! Die eerste een, wat daar die gawes as regverdige betaamlikheid vir my heilige majesteit sal bring, sal ook die eerste een wees wat die lof van geregtigheid sal oes, en ek sal die bietjie van hom aanneem asof dit baie is; maar die lateres sal moet baie bring, en ek sal dit aanneem as of dit min is, aangesien ek hulle traagheid daaraan sal meet en vir hulle handelinge ‘n regverdige aanprysing of ‘n regverdige berisping sal laat toekom; maar die laaste een sal aan die eerste een oorhandig word, sodat hy sy ywerigheid en ten opsigte van die streng nakoming van al die regverdige sake, kan verbeter. Want die streng geregtigheid is die enigste fondament van ons ryk, wat ons het en wat totaal ons eie besit is.

[HG 1.27.15] Van almal was daar op die toespraak van Kahrak net ‘n eenstemmige saamstemmery te hoor, waarop Nohad opgestaan en gesê het: “Julle ken my amp en my vak, waarmee ek die wil van Hanoch met alle getrouheid, alle fluksheid en ywer gedien het! En tog vra ek vir julle almal, wat ek oor ‘n lang tyd daardeur gebaat het, dan sal elkeen van julle met sekerheid kan sê: Niks nie en weer niks nie! Dit beteken: Ek het vir die grootste bedrieër gehelp om te bedrieg en was dus self ‘n bedriegte bedrieër; ek moes as gevolg van sy huigelagtige bedrog voor die massas in ontbering lewe, vir my in die openbaar - bloot as gevolg van ‘n onnosele skynheilige mening - as die mees noukeurigste toepasser van die wet elke bietjie vrolike genot ontsê, en pleks daarvan om in die geheim lof en ‘n onsigbare vergoeding vir die openbare onsin te ontvang, het ek deur sy onbegryplike dwaasheid nog die ergste berispings en dreigemente van alle soort ontvang. Julle almal het dit baie makliker gehad en kon volgens julle genot baie dinge doen, wat vir my onmoontlik was, aangesien ek aan die voorpunt van sy wetlike dwaasheid gestaan het en moes doen en elkeen van sy waansinnige en afskuwelike wense in presiese uitvoering bring, om dit dan deur my gedwonge huigelary, wat ek wel goed kon doen - of dan verplig was om goed te kan doen -, ‘n tipe wetlike kleur te gee, waarvoor ek dan vir my as die regmatige bedrieër op grond van die volgeldige bedrog weer moes laat bedrieg, en dit drievoudig: eerstens deur Hanoch ter wille van die wet, tweedens deur myself ter wille van die volk, en derdens deur die volk en julle almal ter wille van Hanoch. Ek glo, dat ek vir julle voldoende rede vir my volle ontevredenheid aan die dag gelê het en het daardeur ook my bedrieglike gedaante voor julle voete geplaas. En nou oordeel self, of ek verkeerd is, wanneer ek uit dankbaarheid vir sulke erkenning die drievoudige bedrog van my neem en dit met alle geweld op Hanoch se kop slinger, aangesien ek vir hom voor die volk sal ontmasker. En dan sal hy kan toesien, waarheen sy godheid sal gaan, en dat hy agter dit soos ‘n hinkende mens agter ‘n takbok kan aanloop. En sodoende wil ek doen, wat Kad besluit het, en wil die raad van Kahrak stiptelik nakom, en my heffings aan hom sal vir sy oë onskadelik wees, en die gedraf van my kamele sal nie sy ore lastig val nie. En as sodanig neem ek besit van die stad met my naam.”

[HG 1.27.24] Aangesien ek andersins heeltemal met julle saam stem, glo ek, dat my oordeel nie onregverdig is nie, wanneer ek volgens my gevoel optree, wat lank genoeg straks moes toekyk vir al die wreedhede en misdade van Hanoch. Want hulle wat ‘n gevoel en ontvanklikheid vir smart en marteling het, die het dit sekerlik ook vir weldadigheid; dit het ek al baie gesien. Daarom laat ons in toekoms deur weldadigheid regeer. Vir hom, wat kwaad doen, met hom sal volgens die graad van sy oortreding gebeur, maar met toegeeflikheid, aangesien hy ook ‘n broer is; maar hy wat gehoorsaam en ‘n weldoener is, sal daar tienvoudig vergoed word. En dan eers sal aan die ou God ‘n offer gebring word, wat hom sekerlik sal behaag, as ons dit weer vir Hom bring, soos wat Cahin en Hanoch dit vir ons almal op ‘n misdadige en ligsinnige manier verloor het.”

[HG 1.29.19] Dit dien ook vir jou, My redelik flukse stukkie gereedskap, as ‘n waarskuwing, indien jy vir jou wil verhef (hetsy in die geheim, en nog minder in die openbaar) voor jou broers, aangesien Ek vir jou die gawe van wysheid gegee het. Want sien, indien jy ontug sou dryf, of steel in nood, of swelg en los lewe soos altyd, so of so, dan sou hierdie gawe wat selde by mense is, in jou swak word; maar wanneer jy daarop sou trots word, dan sou Ek dit onmiddelik van jou af wegneem, vir jou naak los en in die woud van dwaling verlaat, en daar sal dan die verskeurende ongediertes kom, en jou opvreet, dat uiteindelik niks meer van jou sal oorbly as net ‘n slegte naam.

[HG 1.30.6] En toe hulle nou daar hulle ydel taak van treur verrig het en het die waardelose relieke van Johred en Hail versamel, toe het hulle die plek van gruwel verlaat en het vol innerlike bitter woede in bendes van honderd elk die woud ingevaar, om in afstande van dertig uitgestrekte hande van mekaar, die berugte hiëna te soek; en sien, daar was nie ‘n enkele dier te sien nie, en nog minder ‘n hiëna. En hulle het gesê: “Die berugte ongedierte het beslis die berge in gevlug! - Moed! Sedert Cahin het nog nie ‘n sterfling dit gewaag, om ‘n voet op die berge te sit nie, dan wil ons nou vir die eerste keer hierdie verbod verbreek; want ons het ‘n goeie rede daarvoor, en geen God sal in staat wees, om hierdie optrede te verbied nie, aangesien ons ‘n regverdige saak teen die berugte, vraatsugtige ongedierte het. Daarom nog eenmaal: Moed, - al sou ons almal ten gronde gaan!”

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Mobiele weergawe Kommentaar