Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 3

Joh.01,14] En die woord het vlees geword en het onder ons gewoon, en ons het sy heerlikheid gesien, ‘n heerlikheid as die enig gebore Seun van die Vader, vol genade en wysheid.

1. Wanneer die mens daarvolgens deur die wedergeboorte tot die ware kindskap van God gelang, waarin hy deur God, die Vader, of deur die liefde in God letterlik ingebore word, dan kom hy na die heerlikheid van die oerlig in God, wat daar die eintlike oergrondbestaan Self is; daardie bestaan is die eintlike, enig gebore Seun van die Vader, net soos die lig in die warmte van die liefde inwendig verborge rus, vir solank die liefde dit nie prikkel en uit homself laat uitstraal nie. Daardie heilige lig is dan ook die eintlike heerlikheid van die Seun van die Vader, waarheen elke wedergeborene kom en daar nes daardie heerlikheid self word, wat daar ewig vol genade (lig van God) en vol waarheid, wat daar die ware werklikheid of die woord wat vlees geword het, is.

Joh.01,15] Johannes gee ‘n getuienis van hom en sê: Dit is hy, van wie ek gesê het: ‘Na my sal kom, wie voor my reeds was; want hy was eerder daar as ek.’

2. Johannes gee hier weer ‘n regte getuienis en bring dit onmiddelik na die doop in die Jordaanrivier onder die mense se aandag, dat juis daardie Mens, wat hy so pas gedoop het, Hy is, waarvan hy reeds die hele tyd gedurende sy preek om boetedoening, om vir Hom waardig te kan opneem, na die volk gepraat het, en dat Hy, wat na hom (Johannes) sal kom, reeds voor hom daar was. Wat in die dieper betekenis die volgende sê: Dit is die oergrondlig en oergrondbestaan van alle lig en bestaan, wat alle bestaan voorafgegaan het, en alle bestaan uit hierdie Bestaan voortgegaan het.

Joh.01,16] En van sy volheid het ons almal geneem, genade om genade.

3. Daardie oerlig is ook die ewige groot heerlikheid in God, en God Self is daardie heerlikheid; daardie heerlikheid was van ewigheid God Self in God, en van die volheid van hierdie heerlikheid het alle wesens hulle bestaan en hulle lig en vrye lewe geneem.

4. Alle lewe is dus ‘n genade uit God en vul die lewedraende vorm deur en deur. Die oerlewe in elke mens is dus, omdat dit in homself dieselfde heerlikheid as God is, die eerste genade van God; maar dit het deur die bekende verswakking van die hoogheidsgevoel met die lae gevoel van wording, skade gely, met die daardeur noodwendig volgende afhanklikheid van die oerlig en oergrond van alle bestaan.

5. Aangesien hierdie eerste genade in die mens byna heeltemal wou ondergaan, het dus die oerlig Self in die wêreld gekom en het die mense sodanig onderrig, dat hulle hierdie eerste genade weer aan die oerlig moet teruggee of dan eintlik ten volle na die oerlig moet terugkeer en daar vir die ou lig ‘n nuwe lewe neem; en daardie uitruiling is die neem van genade om genade, of die gee van die ou, verswakte lewe wat vir niks meer gebruik kan word nie, en die neem van ‘n nuwe lewe.

6. Die eerste genade was ‘n noodsaaklikheid, waarin geen vryheid, en dus ook geen bestendigheid geheers het nie; maar die tweede genade is die volle vryheid, wat van enige dwang vry is, en omdat dit deur niks gedruk en gedwing word nie, ook onvernietigbaar. Want waar daar geen vyand meer bestaan nie, daar bestaan ook geen vernietiging meer nie; maar onder vyand word alles verstaan, wat op ‘n vrye bestaan, in watter vorm ook al, stremmend inwerk.

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar