Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 254 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 4

4. Mathaël, jy ken die sterrebeelde van die ou Egiptenare goed, en Regulus in die groot Leeu is vir jou welbekend! Wat sien jy daar? `n Skemerige kolletjie, - en tog is daar waar hy hom in die ruimte bevind so `n groot sonnewêreld, dat as `n bliksem in vier oomblikke `n afstand van 400.000 veldweë* aflê, volgens jou, Mathaël, welbekende ou Arabiese syferindeling meer as `n triljoen aardse jare nodig sou hê om die afstand van sy noord- tot aan sy suidpool af te lê! (*l veldweg = ongeveer 1/4 uur en iets meer. 10 veldweë = l Duitse myl. 400.000:10=40.000 d.myl=beweging van die lig per sekonde. Nota van Jakob Lorber. (1 d.myl=7,5 km, dus 40.000 myl=300.000 km; Sy eintlike naam is Urka of liewer Ourisa (die eerste, of die begin van die skepping van eonsmaal eons sonne en `n byna eindelose groot, omhulsde skeppingsfeer (skeppingsglobe); hy is die siel of die sentrale swaartepunt van `n hulsglobe, (ronde sfeer) wat egter op homself slegs één senuwee vorm van die groot menslike vorm van die geskape wêrelde, waarvan hierdie denkbeeldige, groot mens daar soveel het as die sand en die gras van die ehele aarde, - maar tog vorm hierdie groot menslike vorm eintlik slegs maar één skeppingsperiode van die begin tot aan die geestelike voltooiing.

Hoofstuk 254 Mobiele weergawe Kommentaar