Titel German English Afrikaans Serbian Slovak Czech Help
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Resultate 0 - 20 van 22950

[HG 1.1.3] Maar vir hulle wat siek is, sê: Hulle moet nie in hul siektes bedroef wees nie, maar moet hulle ernstig aan My wend en moet vas op My vertrou. Ek sal hulle troos, en ‘n stroom van die kosbaarste balsem in hulle harte uitstort, en die bron van die ewige lewe wat nooit sal opdroog nie, sal aan hulle geopenbaar word; hulle sal genees en verkwik word soos die gras na ‘n donderstorm.

[HG 1.1.5] Vir die swakkes laat weet uit My Mond: Ek is ‘n sterk God. Hulle moet hulle almal aan My wend; Ek sal hulle vervolmaak. Uit die muggievanger wil Ek ‘n leeutemmer maak, en die wat bang is sal die wêreld vernietig, en die groottes van die aarde sal soos kaf uitmekaar gewaai word.

[HG 1.1.6] Vir die dansers en danseresse sê sonder vrees, dat hulle almal erg van die Satan mislei is. Hy gryp hulle almal by die voete en draai vinnig saam met hulle in ‘n warrelkring, sodat hulle daardeur deur en deur duiselig word en nie meer kan staan, nóg loop, nóg sit, nóg slaap, nóg rus, nóg hoor, nóg voel nóg ruik, nóg proe, nóg voel nie; want hulle is soos dooies, - daarom kan vir hulle nie gepreek nóg gehelp word nie. En sou hulle ook na My opkyk, dan sal dit met hulle gaan soos met iemand, wie deur ‘n sterk persoon by die voete gehouvas word en vinnig in die rondte gedraai word; sou hy ook na die hemel opkyk, sou hy nie ‘n son, maar net ‘n ligte streep sien, wat hom sou verblind, sodat hy dan sy oë sal sluit en hoegenaamd niks meer wil sien nie.

[HG 1.1.11] Maar vir die klereprag- en modegekke sê in alle erns, dat hulle naak voor hulle regverdigste Regter sal staan. Die prag sal soos skuim vergaan; hulle heerssugtigheid en prag sal in die laagste slawerny omskep word, en hulle sal vir ewig vir hulle dwaasheid moet skaam wees. Is dan nie iemand ‘n groot dwaas, wat van voornemens is, om ‘n mishoop met goud oor te trek, maar die edelstene, in plek van in goud, in die vuilste mis te laat set nie?! O, dat daar tog nou so baie waansinniges in die wêreld is! Die lig hou hulle vir die duisternis, en die duisternis vir die lig!

[HG 1.1.12] In die ooste staan reeds ‘n ster, wat vir Orion die baan sal breek, en die vuur van die groot hond sal hulle almal verteer; en Ek wil die sterre in groot hoeveelhede vanaf die hemel na die aarde slinger, sodat al die kwaaddoeners tot niet sal gaan en My lig op alle oorde sal skyn.

[HG 1.2.8] Vir die wêreld is Ek maar ‘n klein held, wat vir niks gehou word nie. Die geleerdes kyk skaars nog oor die skouer vir My en laat vir My byna nie meer die naam van ‘n eerlike mens toekom nie. Maar sommiges het reeds geheel en al van My afskeid geneem; vir hulle is Ek dus glad nie meer daar nie. Sommiges laat vir My, vir net ‘n kort tydjie, nog enkele goddelike trekke oor, maar dan laat hulle hulleself van die wêreldwyses oor iets beter onderrig. Ek word dan onmiddelik as infaam beskou en geld hoogstens nog as ‘n God vir ou vroue. By sommiges van My dienaars en knegte wat groot wil wees, dien Ek net nog as ‘n openbare ampseël en as uiterlike, godagtige omsluiting van hul swart onsinnighede en hul growwe, duister dwaas- en domheid. Sommiges laat My wel nog in My Godheid vassteek; maar daarvoor moet Ek ‘n tydelike voordeel vir hulle, van wat hulle wil, van My laat maak en wat nog die heel ergste is: Ek moet ‘n bare onding wees! Liefde en barmhartigheid mag Ek net vir so lank hê, as wat dit vir hulle nodig is; maar dan moet Ek weer meer onverbiddelik word as ‘n klip en moet My self laat omskep in die skandelikste tiran! Ek moet van een regterstoel na die ander spring en een verdoemingsoordeel na die ander uitspreek; My liefde mag net tydelik wees, maar My tirany en die daarmee verbonde uiters skerp regteramp, moet vir ewig aanhou! O, die ongehoorde narre! My onbeperkte lankmoedigheid, sagmoedigheid, nederigheid en ewige liefde vir My skepsels, deug natuurlik nie vir hulle selfsugtige doen en lates nie; maar daar sal binnekort ‘n streep deur hulle rekening gemaak word! Hulle rekeninge lê voor My, en die maatbeker van dade het, behalwe vir een, vol geword, en die vergoeding wag vir hulle.

[HG 1.2.12] Vir die amptenare en menere van die wêreld sê heel getrou en sonder vrees, dat hulle ampte nie hoër staan as die ampte van My ryk nie. Maar elke amp, wat teen My amp is, sal Ek binnekort vernietig; weë sy dienaars! Want Ek is die Allerhoogste; My wette is ewig, soos Ek dit is, en sal bly, vir ewig. Die motte, wat aan My wette wil knaag en weer wette uit hulle mis daarvan wil maak, om My gebooie uit te wis, oor hulle sal dit met die grootse las en gewig rol en hulle vernietig, as of hulle nooit sou bestaan het nie. Elkeen, wie hom aan My gebooie versondig, kan vergewe word, wanneer hy verbeter, sy foute insien en berou, hom dan na My toe wend en in My bly en Ek in hom; maar wie My wet wil ondergrawe, vir hom sal dit platdruk, en hy sal voorts vir ewig nie meer wees nie. Alle wette van die wêreld ondergrawe My gebod, as hulle nie uit My liefde deur mense, wat deur My Gees onderrig is, gegee is nie. Wee die tiranne, wee die despote, wat heers ter wille van die troon en die mag en die aansien daarvan; want vir hulle tyd, kort daar nie meer een nie, en hulle sal die mag van die swakkes ervaar! Die grond is Myne, en die veld is Myne; dit sê die Waaragtige, die ewige God van liefde en wysheid, en openbaar dit aan ‘n nar vir die wyses van die wêreld. Amen. Ek, Jehova, Amen.

[HG 1.3.1] Ek is ‘n goeie gasheer; ook nie ‘n enkele broodkrummeltjie sal verlore gaan nie. Wie sy kapitaal by My belê, sal dit vir hom hoë rente bring, en dit sal in My hart ingereken bly, en die rente sal groei in alle ewighede der ewighede. Kyk op, jou dwaas, en aanskou die sterrehemel! Wie het ooit die sonne getel, wat geen einde het nie, en al die aardes, wat Ek by die duisende by elkeen om hulle geskep het?! En Ek sê vir jou, Ek wat waaragtig en getrou is in elkeen van My woorde: vir ‘n pennie gee Ek ‘n aarde en vir ‘n sluk vars water ‘n son. Waarlik, Ek sê vir jou: Die geringste daad van naasteliefde sal op ‘n ongehoorde, onuitspreeklike wyse beloon word!

[HG 1.3.16] Sê vir almal, wat My soek, dat Ek altyd by die huis is, nooit uitgaan nie, en dat Ek nie net sekere ure of tye gekies het, wanneer ‘n mens na My toe kan kom soos na die konings van die aarde en alle groottes van die wêreld nie. Dus nie net op die Sabbat of ander feesdae nie, maar elke minuut is vir My ‘n hart wat liefhet, aangenaam, en selfs in die nag het Ek nog nooit voor iemand die deur gesluit nie; dus wanneer julle ook al sal klop, wil Ek sê: “Komm binne!”.

[HG 1.3.18] Sê dit vir die kinders, dat hulle tog nie die spot met My moet dryf nie, maar dat hulle dit moet ernstig opneem! Sê vir hulle, dat Ek deurgaans geen grapmaker is nie, nog minder enige grap verdra nie; want Ek bedoel dit ernstig met almal, met groot en klein, met jonk en oud, met manlik en vroulik. Geen uitsonderings word by My gemaak nie.

[HG 1.4.1] My genade is ‘n kosbare skat; wie dit kry, sal nooit, tydelik en vir ewig, van alles geen tekort hê nie. Daarom moet elkeen hom bemoei, om dit onmiddelik sy eie te maak; want Ek gee dit vir elkeen, wat dit graag wil hê.

[HG 1.4.6] Maar kyk nou: Die liefde is so te sê blind en donker en daardeur juis vry en onafhanklik, - maar ook juis daardeur in groot gevaar, om haarself te verloor en ten gronde te gaan.

[HG 1.4.7] Daarom gee Ek by alle liefde vir My, volgens die graad en grootte daarvan, ook onmiddelik die gepasde aandeel van lig by, en dit is ‘n geskenk en heet genade; daarmee vloei Ek, volgens die graad van sy liefde, by elke mens in.

[HG 1.5.1] Wie ore het wat kan hoor, die luister, en wie oë het wat kan sien, die kyk; want sien, Ek wil vir julle ‘n groot geheim onthul, sodat julle kan sien, hoe julle liefdevolste, heilige Vader ook van aangesig tot aangesig aanskou en broederlik geniet kan word. Want die kinders moet tot in ewigheid in die groot huishouding van hulle Vader ingewy wees!

[HG 1.5.3] En sien, daar het ‘n groot geruis, gebruis en gewoed ontstaan, en sien, die Liefde het van alle kante angstig en gedruk gevoel, sodat die Liefde tot in sy binnenste begin bewe het! En die Liefde het dit gewaar, en die geruis het ‘n toon word, maar die toon het in die Liefde ‘n woord geword, en die woord het gesê: “Daar sal lig wees!” En daar in die hart, het die vlam van die ontsteekte Liefde ontbrand, en daar was lig in alle ruimtes van die oneindigheid!

[HG 1.5.4] En God het in Hom die groot heerlikheid van sy Liefde gesien, en die Liefde was versterk met die krag van die Godheid, en sodoende het die Godheid Hom met die Liefde vir ewig verbind, en die lig het uit die warmte voortgegaan.

[HG 1.5.5] En sien, toe sien die Liefde alle heerlikheid, waarvan die getal in die Godheid geen einde het nie, en die Godheid het gesien, hoe dit alles uit die Liefde in Haar oorgedra is, en die Liefde het haar gedagtes in die Godheid gesien en het ‘n groot welbehae daaraan gehad. Toe ontbrand die Liefde van nuuts af, en die kragte van die Godheid het om Haar geruis, en sien: Die gedagtes van die Liefde was self Liefde en was sonder tal.

[HG 1.5.7] Toe gaan die woord oor in die Godheid, en dit was orals Liefde. En sien, toe spreek die Godheid vir die eerste keer: “Dit sal!” En daar het ‘n groot aantal geeste uit God vry geword, waarvan die getal geen einde het nie, en die Liefde het Haarself oneindigkeer sien vermenigvuldig en het Haar oneindige skoonheid volmaak gesien.

[HG 1.5.14] Op hulle eie het hulle hulself, in hul groot mag en alles oorstralende heerlikheid en majesteit, erken en die boonste een van die drie, gelykstaande aan die lig van die Godheid, het in sy begeerte ontbrand, om die Godheid ten volle oor te neem. Deur hom het ‘n groot gedeelte van die geeste ontbrand, wat ook deur hom geword het; en deur hulle het ook die Godheid in sy toorn ontsteek, nes die twee laer geeste van die drie, en slinger toe die bose bende in die dieptes van die dieptes van Sy toorn.

[HG 1.5.16] Toe is die tallose skares verbaas, en ‘n groot gejubel en ‘n groot vreugde het onder hulle ontstaan, want hulle het die mag van God in die Liefde gesien en het die Liefde in hulleself gesien en ook die krag, wat hulle laat ontstaan het, en het mekaar erken en het die Liefde erken en het vir God erken.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Mobiele weergawe Kommentaar