Help

jakob-lorber.cc

Inleiding Die Geestelike Son, Boek 1

Die Godsryk

1. Die luide gewoel van die wêreld swyg. / Ons kyk omhoog na stille geesteshoogtes, / en met glansende blik van die gemoed sien ons / hoe die Ryk van die Waarheid homself ter aarde neig. / Rondom ons siel speel nou Sy hemelslig, / En deur ons wese stroom Sy heilige vuur. / En uit die diepste bronne van die hart / breek ewig lewe deur.

2. Hoe wondergroot is God se ryksgebied tog! / Dit strek hom uit na alle tye se vertes, / omspan die aard’ en tallose baie sterre / en is, waar `n mens die goeie in die hart sien! / Wie het die sieletal daarin getel? / Wie ken die volheid van haar krag en mag? / Wie ken die sade, talloos hier gesaai, / die goue seën van die groei, die rypword?

3. Hier waai die Gees van die Vaders, stil en rein! / Hier heers die vryheid in haar volle krag! / Hier bloei die hoop, en die geloof haar liggestalte / verlustig haar in die lieflike voorjaarskyn. / Die Godsvertroue reik na Sy voleinding, / die deemoed is verleë in haar eie lig. / Die hartstog rus, geheel versoen, in vrede. / Aandag verdiep in `n hoogs besielde gebed.

4. Die Son van dié Ryk, dit is die Vader se Gees! / Sien tog hoe die ewige geeste Hom omring, / Hom nader in al nouer kringe, / tot heel hul lewe in Syne vloei! / Wie word nie hier van sy kindskap bewus nie? / Wie voel nie pynlik wat hom in die stof ontbreek? / `n Hewige heimwee brand in ons bors, / want na haar Oerbron, sal ons siele dors. (Jakob Lorber)

Inleiding Mobiele weergawe Kommentaar