Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 25 Die Geestelike Son, Boek 1

3. Die verstandspresident sê daarop: “In daardie geval is julle heeltemal welkom by my. Vir so ver dit binne my vermoë lê, sal ek julle met graagte help, maar nie waar dit my vermoë te bowe gaan nie. Julle sou wel gehoor het en weet dat my skatte nie uit goud en silwer en allerlei edelstene bestaan nie; ook word by my geen maaltye en geen tafels, voorsien van goedsmakende spyse, aangebied nie. Maar wat ek het, naamlik die oorwinning van die helder verstand, daaruit mag julle put soveel as wat julle wil. Julle kan daarvan verseker wees dat hierdie skatte julle gelukkiger sal maak as wanneer julle alle gedroomde sogenaamde hemelse heerlikhede sou besit, wat niks anders is as heimlik uitgesproke behoeftes van `n gees wat nie tevrede is met wat aan hom gegee is nie. Julle weet dat die ruimte oneindig is en dat die mens in hierdie ruimte dink. Wie sy gedagtes tot in die oneindige laat gaan, vergeet ten eerste dat hyself slegs `n eindige wese is; ten tweede bedink hy nie en word hy dus nie gewaar dat vir hom daar uiteindelik uit sulke gedagtes, niks anders as voortdurende ontevredenheid ontstaan nie. Daaruit volg `n steeds groter verlange na onbereikbare goedere, waaruit uiteindelik ook `n voortdurende onsalige situasie groei, waardeur die menslike dwaasheid maar nog net blindelings deur onbereikbare en grootse, maar leë verwagtings versadig kan word. Bygevolg is die hemel dan ook niks anders as sulke gedroomde goed nie, wat slegs dien ter bevrediging van die verbeeldingskrag van geeste wat ontevrede is met wat vir hulle gegee word.

4. Slegs die helder verstand bepaal die werklike grense van die behoeftes van sy subjektiewe wese, en sy verlang dan in alle objektiwiteit slegs die korrekte mate van sy eie beperktheid, en hierdie maat heet: Volle tevredenheid. Wie tevrede is met dit wat hy langs die weg van sy helder verstand, as die korrekte maatstaf van sy eie beperktheid erken, het die ware hemel gevind en sal hom sekerlik ewig geen ander wens nie, omdat hy duidelik sal insien, dat vir die maatstaf van sy eie beperktheid, niks anders deug nie, as juis dit wat volkome daarmee ooreenstem.”

Hoofstuk 25 Mobiele weergawe Kommentaar