Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 25 Die Geestelike Son, Boek 1

4. Slegs die helder verstand bepaal die werklike grense van die behoeftes van sy subjektiewe wese, en sy verlang dan in alle objektiwiteit slegs die korrekte mate van sy eie beperktheid, en hierdie maat heet: Volle tevredenheid. Wie tevrede is met dit wat hy langs die weg van sy helder verstand, as die korrekte maatstaf van sy eie beperktheid erken, het die ware hemel gevind en sal hom sekerlik ewig geen ander wens nie, omdat hy duidelik sal insien, dat vir die maatstaf van sy eie beperktheid, niks anders deug nie, as juis dit wat volkome daarmee ooreenstem.”

5. Na hierdie wyse woorde sê die aanvoerder (die bode): “Ons merk al uit jou kort inleiding, dat jy jou die oorwinning van die helder verstand volkome eie gemaak het; daarom waag ons dit ook om met die grootste vertroue in jou wysheid, ons probleem aan jou voor te lê.” Die verstandsverteenwoordiger sê: “Alles waarmee ek julle maar tot diens kan wees, is my plesier, lê daarom geheel vrymoedig en sonder voorbehoud julle probleem aan my voor!” Die aanvoerder (die bode) sê: “Luister dan! In die geselskap waardeur ons afgevaardig was om goeie raad by jou te kom kry, het `n groot stryd ontstaan oor die noodsaaklikheid of oorbodigheid van die lig. Die redes vir die noodsaaklikheid van die lig is net so steekhoudend as die argumente daarteen, daarom kan ons absoluut nie beslis, welke party gelyk het nie.” “Die verstandsverteenwoordiger sê: Laat enkele van julle argumente en teenargumente hoor, en julle kan verseker wees daarvan dat ek die spyker op die kop sal slaan met my oordeel.”

Hoofstuk 25 Mobiele weergawe Kommentaar