Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 47 Die Geestelike Son, Boek 2

4. Beste vriend en broeder! Wanneer daar uiteindelik in die binnedeel van hierdie negende verdieping ook mense woon, wat ook so besonder deursigtig is soos hierdie galery hier, dan is ons van mening dat daar vir ons geen gevaar bestaan om na hulle te kyk, ewemin as wat daar op aarde vir die mense een of ander sinbetowerende gevaar aanwesig is, wanneer hulle selfs deur die mees verhewe, allermooiste hemelse wesens omgewe sou wees, maar tog geen atoom van hulle te siene kry nie.

5. As ons trouens baie aandagtig na die vlak wand kyk, ontdek ons nie eens een of ander toegangsdeur nie en dit dui baie sterk daarop dat hier, óf suiwer geeste woon, óf dat glad niemand daarbinne woon nie. Waarlik, oor hierdie hoogs lugtige inrigting sou mens hom werklik `n bietjie kan amuseer, want waar niks te sien is nie, is vir die kykende subjek ook eintlik geen objek voorhande nie. Ons sou wel net wil weet hoe mens dan sonder `n objek tot `n duidelike begrip oor die een en ander sou kan kom. Mens sou hoogstens vanuit sy eie fantasie `n baie sterk hipotese kan opstel, dit dan soos in `n kaartspel deurmekaar skommel, in `n bak gooi, een op goeie geluk uittrek en dit dan tot hoofprys maak.

Hoofstuk 47 Mobiele weergawe Kommentaar