Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 296 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

8. Op aarde bestaan iets dergeliks ewenwel nie. Slegs die sogenaamde noodlot as lugspieëling kom enigsins in aanmerking daarvoor. Maar sy haal dit tog lank nie by die spieëlbeelde hier nie, want sy neem elke objek op wat sy voor haar plaas. Hierdie spieëlbeelde in My huis neem slegs op, wat met hulle ooreenstem. Iets wat meer daarna sou lyk, sou wel die verskillende kleurskakeringe deur `n prisma kon wees, waarby `n bepaalde vlak by een en dieselfde wending slegs `n bepaalde kleur terugkaats. Wat so `n prisma egter met die vormlose kleure doen, dit bewerkstellig die spieël hier met die vorms wat uit die harte van die voor hom staande engelgeeste op sy oppervlak straal en in ooreenstemming met die aard van sy eie oppervlak teruggekaats word.

9. As Ek nou wil dat hierdie of `n ander spieël nie meer daar is nie, dan sal jy deur so `n deur vanselfsprekend slegs dit sien, wat My huis omgewe, wat na alle kante vry midde in die groot stad staan. Want die gewone aanskouing berus hier op dieselfde grondbeginsels as die sien op aarde, maar natuurlik in die mees suiwer krag.

10. Aangesien so `n spieël egter beslis nie uit `n vaste wand bestaan nie, is daar voorsiening getref, waardeur elke gees, as nodig, ook dadelik met die snelheid van die gedagte op die werklike hemelliggaam kan kom, wat hy in die spieël sien. Dit geskied langs die weg van `n hemels-geestelike kontak. Hoe dit egter in sy werking gaan, dit, My beste vriend, sal vir jou alles mettertyd duidelik word. Wel, hoe lyk dit nou met jou siekte? Dink jy miskien nog dat jy deur jou ongeduld koors sal opdoen?”

11. Robert sê: “O Heer en Vader, die liefde der aller liefde! Ek is nou weer so `n duisend aardse studiejare wyser en verstandiger. Aan U alleen ons ewige dank en al ons liefde en aanbidding!” Ek sê: “Wel nou, as dit vir jou nou ietwat ligter om die hart is, gaan ons dadelik na die tweede deur. Kyk, sy staan al `n rukkie oop!

Hoofstuk 296 Mobiele weergawe Kommentaar