Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 37 Die Aarde

3. Die nuwe naam was en is nog steeds “Landschnur”. Hiervan het die Franse, wat hulleself daar opgehou het, later “Landjour” gemaak. Die woord “Staff” beteken in hierdie ou taal uit die berge as`t ware `n oordeel en “Hochstaff” `n hoë oordeel en wel daarom, omdat elke onbevoegde, wat nie in die towermisterie van hierdie berg ingewy was nie, dadelik op die vreeslikste manier, natuurlik deur die heksemeester, veroordeel was as hy dit gewaag het om die berg te bestyg tot daar waar die bebossing ophou; so `n mens word dan deur onsigbare hande beetgepak en met die snelheid van die bliksem, soos die sage lui, op die hoogste bergtop neergesit. Daar word hy deur ewe-eens onsigbare kragte baie ure lank op die mees pynlike en gruwelike manier gekwel en met donderende stem word aan hom te kenne gegee, dat hy tot die heksebond moes toetree. Wil hy dit nie, dan word hy van die hoogste punt, wat daarom die “Hohe Freiung” heet, op die “Untere Freiung” gewerp, maar met so `n magiese krag, dat hy nie gedood word nie. Op die Untere Freiung kom die betowerende bekoorlike “Sylphiden” hom dan met hulle verleidelike gestaltes bedwelm. Had hy homself dan aan hulle oorgegee, dan word hy skielik weer op die Hohe Freiung gesit en daar in hulle misterie ingewy. Maar as hy homself nie deur die bekoorlikhede van hierdie “Sylphiden” wil laat betower nie, dan kom hy op die duiwelsglybaan en moes dan `n afskuwelike reis na benede in die dal maak, waarby al sy ledemate, kompleet, soos mense sê, uit hulle lit gaan. As hy egter tydens die bekorings van “Sylphiden” laat blyk het, dat hy wel enigsins toeganklik was, dan word hy op die goue hoek gesit waar hy verblind was deur die enorme rykdom wat bestaan het uit massas suiwer goud. En was dit dan ook nog nie genoeg nie, dan word hy suidwaarts gevoer na die streek van die silwergraf, na `n wondermooi feëryke gedeelte van hierdie berg, wat hierdie nuut aangekomene so betower, dat dit vir hom nog maar net moontlik was om homself volkome by hierdie heksebond aan te sluit.

Hoofstuk 37 Mobiele weergawe Kommentaar