Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 46 Die Aarde

4. Hierdie ligatome word van sommige natuurwetenskaplikes ook eteriese “ligmonade” (ligpartikeltjies) genoem, watter naam taamlik goed is, omdat deur die uitdrukking “monade” so te sê ‘n afsonderlike of ‘n allenige in sy soort beskryf word. Hierdie sielspesifikum is, omdat dit van lig afkomstig is, hoogs eiesoortig in sy intellektuele sfeer. Dit hou van rus en soek dit met die grootste uithouvermoë; maar juis daarom, omdat in homself so te sê die wet van rus self is, oefen dit onder elke inperking of afsluiting, soekend na die vorige rusposisie, die grootste bewegende krag uit, wat niks kan weerstaan nie, wanneer dit deur enige iets uit ewewig gebring is.

Hoofstuk 46 Mobiele weergawe Kommentaar