Help

jakob-lorber.cc

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Resultate 0 - 20 van 203

[GS 2.54.8] Sou daar dan geen moontlikheid wees om so `n voortgang te bespoedig nie? Sou daar dan geen Corneliusse meer bestaan, oor wie God se Gees gekom het, nog vóór hy deur Petrus gedoop was? Kyk, dit is `n heel ander vraag en die antwoord daarop is verseker van die grootste praktiese belang. Maar hoe sal ons so 'n besonder belangrike vraag, so kan beantwoord, dat elkeen dan ook tevrede sal wees met die helder insig wat hy daardeur verkry het? Dit sal vir ons nie so moeilik wees nie, want as daar voldoende aanskoulike voorbeelde vir `n saak is, hoef mens haar slegs op hierdie manier evangelisties te beskou, en die antwoord sal vanself volg. Daarom sal ons onsself nie langer met inleidinge ophou nie, maar dadelik die eerste en beste voorbeeld ter hand neem.

[GS 2.54.15] Sou mens wel die innerlike volmaaktheid kan bereik op wandelinge, in teaters, in die gesellige vriendekring of by ander wat se wêreldse sake dit dan ook is? O nee, uit al die wêreldse gedoe groei geen Corneliusse op nie, soos die Heer Self ook baie duidelik aangetoon het met `n gelykenis waarin Hy verskeie vriende vir `n gastemaal uitgenooi het, maar die vriende allerlei verontskuldiginge aanvoer waarom hulle geen gevolg aan die uitnodiging kon gee nie. Die een was druk besig met `n stel osse; `n ander met huweliksaangeleenthede; `n derde met die aankoop van `n stuk grond en sodoende kon niemand kom nie. Kyk, dit is wêreldse beslommernisse wat die vooruitgang van die gees verseker nie bespoedig nie. Hierdie mense is weliswaar baie respektabele vriende van die Heer, anders sou Hy hulle nie laat uitnooi het nie; slegs die tyd ontbreek hulle om te kom.

[GS 2.54.18] Hoe meer wêreldse gedoe, des te minder geestelike vooruitgang; hoe minder wêreldse gedoe, des te vinniger die voortgang van die gees. Sonder enige wêreldse gedoe kan `n Cornelius egter uit elke mens groei. Meer het julle nie nodig nie: Open daarom die poortjie en klim na die ligte, vrye ruimte!

[JJ 19.6] En die vroedvrou het aan Josef gesê: ”Man vol van barmhartigheid, luister na my! Cornelius, die hoofman uit Rome, woon in my huis, wat byna een van die eerste huise in die stad was.

[JJ 19.9] En die vroedvrou het vertrek en het Cornelius, wat nog baie jonk was en in die oggende graag laat geslaap het, nog in die bed aangetref en hom alles vertel wat nodig was.

[JJ 19.10] Cornelius het dadelik opgestaan, sy toga omgeslaan en aan sy gasvrou gesê: Mevrou, ek glo alles wat jy gesê het, maar tog wil ek saam met jou daarna toe gaan, want ek voel `n sterk drang daarna!

[JJ 19.17] Na hierdie woorde het hyself dadelik uit die grot uitgehardloop en voor Cornelius se voete neergeval terwyl hy gesê het: ”Gevolmagtigde van die groot keiser, ontferm u oor my, arme grysaard! Kyk, my jong vrou wat my deur die lot in die tempel ten deel geval het, het vannag hier geboorte geskenk aan haar kind en ek het eers gister hier aangekom; daarom kon ek my nie dadelik by u laat aanmeld nie!”

[JJ 19.18] En Cornelius het gesê, terwyl hy Josef opgehelp het: ”O meneer, wees nie daaroor besorg nie, alles is reeds in orde! Laat my egter ook binnekom en sien, hoe u hier ingerig is.”

[JJ 19.19] En Josef het Cornelius die grot binnegelei. Toe hy die Kindjie gesien het en hoe hy hom toelag, was hy baie verbaas oor die gedrag van die Kindjie en het gesê: ”By Zeus, dit is seldsaam! Ek voel my soos nuut gebore en nog nooit het ek so `n rus en vreugde in my gevoel nie! - Voorwaar, vandag is `n vry dag en ek bly julle gas!”

[JJ 20.4] Maar Cornelius het gesê: ”Goeie man, bekommer u nie om my en maak u oor my geen sorge nie! Hier is immers my gasvrou; sy sal wel vir die kombuis sorg en vir `n klein geldstukkie wat versierd is met die hoof van die keiser, sal ons almal genoeg hê!”

[JJ 20.6] Maar daarop het Josef Cornelius gesê: ”O, hooggeagte vriend! Ek vra u, maak tog vir ons geen koste en doen geen moeite nie, want ons sal vir die paar dae wat ons hier nog sal deurbring in elk geval deur Hom wat die Heer, wat die God van Israel sal wees - alle lof daarvoor! – goed versorg wees!

[JJ 20.11] En Cornelius het gesê: ”Goeie man, wat jy my nou so vriendelik aangeraai het, dit het ek alreeds gedoen; ek het ook inderdaad verbasingwekkende dinge aangetref!

[JJ 20.14] En Cornelius het gesê: ”Goed, ek verstaan u; maar ek het ook gelees, dat hierdie koning in `n stal by hierdie stad uit `n maagd gebore sal word! Hoe moet dit dan verstaan word?”

[JJ 20.16] En Cornelius het gegaan en die meisie met die Kindjie met skerp oë bekyk, om in haar en die Kind die toekomstige koning van die Judeërs te sien.

[JJ 20.21] Nou het Cornelius homself tot beide die susters gewend en gesê: ”Wat sê julle nou van die verhaal? Is dit sluwe bedrog van hierdie ou man, `n goeie voorwendsel teenoor `n blinde en bygelowige volk om in sulke omstandighede die wetlike straf vir sy daad te ontwyk?

[JJ 20.23] Maar Salome het gesê: ”Luister na my, Cornelius, ek smeek u baie by u groot-keiserlike volmag! Neem geen ernstige en wetlike maatreëls teen die arm en tog ook weer eindeloos ryk gesin nie!

[JJ 20.25] Nou was Cornelius nog meer verbaas en het aan Salome gevra: ”Dus ook die heilige Romeinse gode, helde, wapens en onoorwinlike magte?! - O Salome, wie sê vir jou dit?!”

[JJ 20.27] En Cornelius het na buite gegaan, na die son gekyk, het dadelik weer teruggekom en baie verbaas gesê: ”Werklik, jy het gelyk; as dit so met die gesin gesteld is, dan gehoorsaam selfs ons God Apollo die gesin?!

[JJ 20.29] Met hierdie woorde het twee magtige engele verskyn. Hulle gesigte soos die son gestraal en hulle kleding soos die weerlig. En hulle het gesê: 'Cornelius, swyg selfs teenoor jouself oor wat jy gesien het, - anders gaan jy nog vandag saam met Rome onder!”

[JJ 20.30] Nou word Cornelius deur groot vrees oorval. Beide die engele het verdwyn, maar hy het na Josef gegaan en gesê: ”O meneer, hier is oneindig veel meer as `n aanstaande koning van die Judeërs! Hier is Hy, wat gebied oor alle hemele en elke hel! Laat my daarom hier weer weggaan, want ek is dit nie werd om so naby in JaHWeH se nabyheid te wees nie!”

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Mobiele weergawe Kommentaar