![]() ![]() ![]() ![]() | Resultate 100 - 120 van 203 |
[GJE 3.137.4] Na `n tydjie van nadenke oor wat gesê was, sowel van die kant van die owerste, asook oor die ietwat meer geheime opmerking van Mathael, en die vreugde oor die aangekondigde koms van Cornelius met sy groep, vra Cyrenius vir Ebahl om iets vasstaande oor die aartsfariseërs na vore te bring. [GJE 3.137.9] Ebahl sê: "O nee, eerder enigiets anders as dit, want hierdie kêrels ken elke jota van die Romeinse wet en weet beter as enige advokaat hoe om die wet so te ontduik dat geen satan hulle te lyf kan gaan nie. Soortgelyke oortredings het hulle hetsy persoonlik of as medepligtiges in massas begaan. Voor God sal hulle hulle natuurlik nie kan verberg nie, maar ons sal geen vat kry op hulle as ons hulle volgens die wet wou vervolg nie! Miskien sal Kisjonah, Cornelius, Festus of die Griek Philopold daartoe in staat wees? - Van ons kan egter, buite die Here en die engel Rafael, niemand hulle te nakom nie!" [GJE 3.146.15] Cyrenius antwoord: "Nog jy, nog enige iemand van jou soort gaan dit iets aan nie, want aan menslike monsters soos jy gee Cyrenius geen antwoord meer nie! Want jy is nie net `n ellendige volksbedrieër nie, maar ook `n geestelike en liggaamlike volksmoordenaar. Ek wag nou net nog op die berig van die opsigter uit die stad, en op die aankoms van Cornelius, Festus en Kisjonah uit Kis, daarna sal ek u wel sê waarom ek nou die wagte laat uitsit het!" [GJE 3.153.7] Stahar sê: "As dit so is, wat ek binne my persoonlike sfeer gladnie wil betwyfel nie, vra ek egter: Wat doen ons dan met Moses, by wie tog ook goed uitdruklik en duidelik staan: 'Geen mens kan God sien en tewens die lewe behou nie!”? Tewens vind ons in Moses `n formele verbod, van God se kant af aan die groot siener, waarin daar staan dat `n mens God met geen enkele afbeelding, hoe verhewe ookal, mag voorstel nie! Maar jy sê dat die Messias, volgens die gesegde van Dawid, nou Self as `n mens In corpore (liggaamlik), dus volkome en in daardie vorm, rondwandel!? Hoe staan dit nou met die verbod van God aan Moses, wat moet daarmee gebeur?! Eén moet verval, hetsy Moses of jou Messias, want beide Moses en Dawid kan tog onmoontlik gelyk hê!" [GJE 3.166.2] Cornelius begroet ook aanstons sy broer Cyrenius en sê: "Ja, as julle hier is, kan ek my maar net buitengewoon verheug om weereens gelukkig bymekaar te wees!" [GJE 3.166.4] Cyrenius vra vir Cornelius wanneer hy van die lot van die stad Caesarea Philippi gehoor het. [GJE 3.166.5] Cornelius antwoord: "Eintlik is dit glad nie aan my deur `n boodskapper vertel nie, maar ek het maar net `n sterk vermoede gehad! Gister was dit in alle opsigte `n skouspelagtige dag: Ten eerste, `n totale sonsverduistering wat ons op `n klaarligte dag ongeveer dertig tellings lank volkome nag gebring het, maar teen die aand, toe dit eintlik nag moes word, behaag dit die son om nog `n paar uur langer bo die horison te bly, wat natuurlik by die Judeërs, Grieke en Romeine onbeskryflike opskudding verwek het. [GJE 3.166.12] Met hierdie woorde slaan Cornelius sy arms om My heen, druk My haas krampagtig aan sy hart, en bedek My hoof met warme kusse en trane van diepe vreugde. Nadat hy op hierdie wyse uiting gegee het aan die drang van sy edele hart, laat hy My saggies weer los en sê diep ontroerd: "Majesteit, Here, God en Skepper van die geestelike en materiële oneindigheid! Beveel my tog iets goeds wat ek nou moet doen! U ken tog my hart!" [GJE 3.166.15] Cornelius antwoord, huilend van vreugde: "Majesteit, Here en God, so `n gewyde barmhartigheid is te groot vir my, en dit is ek in ewigheid nie waardig nie!" [GJE 3.166.17] Cornelius kom na My toe en Ek omarm hom. Dit maak dat hy hard begin te huil en te snik, en baie dink toe dat hy iets makeer omdat hy so huil. Maar hy vermaan hulle en sê: "Kalmeer maar! Ek makeer niks, dit oorweldig my net, en die vreugde veroorsaak hierdie trane." [GJE 3.166.22] Kisjonah, Cornelius en Faustus bekyk die vyftig aandagtig, en Kisjonah, wat `n goeie geheue gehad het, ontdek dadelik agt manne wat ook tydens die groot transport deur die gebergte aanwesig was en sê toe: "So, wat doen hulle hier?! Is hulle hier as gevangenes, omdat hulle miskien by `n nuwe transport of by `n ander skurkestreek betrap was?" [GJE 3.166.36] Cornelius vra: "Maar Here, wie is dan die seun, - nie Josoë wat ons reeds uit Nasaret ken nie, maar die ander, wat nou juis met die meisie praat?" [GJE 3.167.3] Toe roep Cornelius die ou Markus en sê: "En, ou wapenbroer, ken jy my nog? Weet jy nie meer dat jy in Illirië en Pannonië by my was nie? Ek was toe nog meer `n seun as `n krygsman, maar sedert daardie tyd het daar reeds 45 jaar verbygegaan en ek is al byna 60!" [GJE 3.167.9] Cornelius sê: "Kyk nou net, die ou Germaan was al byna vergete gewees! Warempel, jy het gelyk! Daaroor moet ons eers nog verder met mekaar praat!" [GJE 3.167.10] Die ou Markus plaas, bygestaan deur die bediendes van Cyrenius en Julius, die spyse op die tafels neer en Cornelius sê aan My: "Here, hoe vind U die voorspelling van die Germaan wat hy my en die ou Markus, wat miskien tien jaar ouer kan wees as ek, so vele jare gelede in Europa gegee het?" [GJE 3.169.1] Cornelius val My na hierdie toespraak alweer om die hals en sê diep ontroerd: "Ja, die woorde kan maar net `n El, en nooit `n mens tot die mense spreek nie!" [GJE 3.169.5] Aan die tafel waaraan Ek plaasneem, sit regs van My Cyrenius, langs hom Cornelius, en teenoor ons sit Faustus, Kisjonah, Julius en Philopold. Links van My sit Jarah, dan Rafael, die jong Josoë en dan Ebahl. Die onderste, lang vleuel verder na links word beset deur My leerlinge, en die boonste regtervleuel deur die koninklike familie Ouran met Mathael, Rob, Bos, Miga en Sahr. [GJE 3.172.1] Cornelius vind die wysheid van die meisie egter onbegryplik groot. Ook Faustus en Philopold was baie verbaas en Cornelius vra My of hy nou aan tafel met die meisie oor `n aantal dinge mag praat. Ek staan hom dit toe. En dit verheug beide Cornelius en die meisie, en ook almal aan tafel, en Ek raai hom aan om wyse vrae te stel. [GJE 3.172.2] Maar Cornelius begin, noudat hy die meisie `n vraag kan stel, om diep na te dink oor wat hy nou eintlik wou vra. Omdat Ek gesê het dat hy maar net wyse vrae die meisie moet stel, dink Cornelius, dat dit nie sommer `n doelloos tafelgesprek mag wees nie, maar `n gesprek met `n goeie inhoud, en daarom soek hy na iets wat geskik sou wees vir `n geselskap wat altyd in die posisie was om die hoogste wysheid aan te hoor. [GJE 3.172.4] Na `n betreklike lang nadenke, sê hy (Cornelius) aan My: "Wel, wel, ek het gedink dat dit makliker sou wees, maar hoe meer en hoe dieper ek nou nadink, des te minder vind ek iets wat geskik is vir so `n wyse kind!" |
![]() ![]() ![]() ![]() |
Mobiele weergawe ![]() |