Help

jakob-lorber.cc

3 4 5 6 7 8 9 10 11 Resultate 120 - 140 van 203

[GJE 3.172.6] Cornelius sê: "Daarmee is ek eens, maar ook daar haper dit! Want oor iets wat te alledaags is, kan ek tog nie vra nie, en van die beter dinge wat hier al goed aan die orde sou gewees het, sou ek tog niks vanaf weet nie!"

[GJE 3.172.7] Die meisie, wat wel die verleentheid van Cornelius bemerk, sê: "O geëerde, beste vriend. As u geen vraag vir my het nie, staan my dan toe dat ek aan u `n vraag mag stel, want vrae het ek genoeg, - elke vraag roep dadelik tien ander op!"

[GJE 3.172.8] Cornelius sê: "Daarteen het ek niks nie, my liewe kind! Maar as jy `n vraag aan my sou stel, moet ek natuurlik ook `n antwoord gee. Maar as ek dit nie eers sou ken nie - wat nie so denkbeeldig is nie, omdat jy `n kind met `n helder verstand blyk te wees - wat dan?"

[GJE 3.172.13] Cornelius sê: "Wie aan ons tafel is hulle dan vernaamlik, vir wie jy menslikerwys so `n besondere eerbied het?"

[GJE 3.172.15] Mathael sê: "O my liewe kindjie, jy is nou opeens baie beskeie! By my sal jy nog lank nie in verleentheid kom nie, want ek ken jou skerp verstand maar al te goed! As Rafael homself, veral by jou, al goed moet konsentreer, hoeveel te meer nie één van ons nie! En owerste Cornelius doen baie goed daarmee om diep na te dink waaroor hy met jou wil praat! Want jy is één van weiniges van jou geslag! Dit is wel waar dat ook ek baie verstaan en baie weet, maar ondanks dit sou ek my tog nooit met jou in `n soort wysheidswedstryd wou meet nie, wat ook louter dwaasheid sou wees! Maar om baie dinge van jou te leer, sal ek altyd baie pragtig, waardevol en dierbaar vind."

[GJE 3.172.16] Jarah sê: "So gaan dit nou met `n arme meisie; as sy óók iets weet, durf niemand met haar praat nie! Daarom sou dit vir haar haas beter gewees het om ietwat minder te weet, om nie lastig te wees vir die wyser vriende nie! Maar wat kan ek nou doen?! Om minder te weet as wat ek nou weet, is onmoontlik, want ek kan die lig van my hart nie swakker maak as wat sy is nie. Die lig gee my in altyd oorvloediger mate die liefde tot God, die mees heilige Vader van die vaders van alle aardse vaders! Ja, as dit vir my moontlik was om my enige en uitsluitende liefde ooit ook maar iets te laat afneem, dan sou ek ook seker dadelik dommer geword het, maar so iets is vir my onmoontlik! En wat ek daarom deur die lig weet, is nie ek nie, maar die goddelike kennis in my hart, en niemand hoef daarvoor terug te deins nie; soos wat ek ook niemand hoef te vrees nie! Daarom moet u, edele vriend Cornelius en u, edele Mathael, ook met my praat!"

[GJE 3.172.17] Cornelius sê: "Ja wel, ja wel! Maar, liefste Jarah, weet jy, dit is juis daarom ietwat moeilik, omdat, soos ek al baie duidelik begin te voel, jou hart werklik te veel suiwer wysheid bevat. O, verder is jy uitermate aanvallig en liefdevol, en `n mens sou dae lank na jou kon luister, maar om vrae aan jou stel of vrae van jou af te kry, is tog iets heeltemal anders. Die vra gaan vinnig genoeg, maar daarna kom die antwoord, en dit sien daar by my nog maar power uit!

[GJE 3.173.1] Jarah gaan daarmee akkoord en Cornelius pynig sy verstand, maar kan nog steeds niks geskik vind nie.

[GJE 3.173.3] Jarah sê `n bietjie ironies: "Weet u, geëerde gebieder, so haal `n mens die verrotte vis uit `n waterpoel, wat `n mens probeer om te suiwer omdat die verrotte vis die water stinkend en onrein en daarom ook ongesond maak! - Is dit duidelik, geagte owerste Cornelius?!

[GJE 3.173.6] Moet egter nie glo dat `n bepaalde hoogmoed hier uit my praat nie, dit is die suiwer en eenvoudige waarheid. Want as ek ook maar die kleinste spoortjie trots sou besit, sou ek nie op hierdie plek langs die God van alle God en die Here van alle Heres, gesit het nie! En jy, my origens beste vriend Cornelius, sit dan ook langs Hom!

[GJE 3.173.9] Cornelius sê: "Nou dan, omdat ek met my voorstel so ver misgesit het, neem ek dit ooreenkomstig jou wens graag terug, en dit wat jy my aangeraai het, sal ek doen. Maar gee jy dan uit vriendskap antwoord op my vraag wat ek aan jou gestel het!"

[GJE 3.173.12] Cornelius sê: "Liewe meisie, daarmee het jy volkome gelyk! Ek sal my Ad personam meam (persoonlik) wel nooit daarvan kan oortuig van die waarheid van jou uitsprake oor die son, en of dit wel heeltemal klop nie. Maar ek weet nou ook dat jy my in feite nooit iets wys kan maak nie, omdat jy dit wat jy weet, alleen maar deur die Here weet en kan weet. Daarom kan ek tog alles wat jy my ook maar oor die son sal en kan sê, as `n volkome en onbetwisbare waarheid aanneem!"

[GJE 3.174.9] Cornelius sê: "Baie dankie, liefdevolle en vriendelike kind, vir wat jy my nou vertel het, wat ek van alfa tot omega selfs met my verstand baie goed kan verstaan, want ek het niks onsinnig daarin ontdek nie. Maar hoe ver moet die son dan nie van hierdie aarde verwyderd wees sodat sy vir ons, ondanks die feit dat sy so `n ontsettend groot wêreld is, so klein kan voorkom nie?"

[GJE 3.174.12] Cornelius se oë rek en hy sê: "Nee, dit sou ek nie by hierdie meisie gesoek het nie! Sy bereken die grootste getalle ter wêreld uit haar hoof uit, soos wat ons die klein getalle op ons vingers uitreken! Sy is Euclides, die grootste rekenHere, al ver vooruit! Nee, so iets het my nog nooit oorgekom nie! Here, sê U vir my of ek dit alles nou so moet glo! Vir my kom dit in elk geval voor asof die meisie die spyker waarlik op die kop geslaan het!"

[GJE 3.175.9] Wie God in My, die Menseseun, waaragtig herken en liefhet, sal reeds in hierdie lewe hemelse vreugde kan geniet waarvan tot op hede geen enkele menslike sintuig ooit iets van gemerk of gevoel het nie! Maar op suiwer wetenskaplike wyse sal geen mens ooit sover kom nie! - Cornelius, verstaan jy dit?"

[GJE 3.176.1] Cornelius sê: "Ja, Here, wat U sê is `n algehele waarheid, wat daar volgens suiwer menslike maatstawwe nog nooit was nie. Want as dit ooit êrens uitgespreek sou gewees het en sou bestaan het, sou daar seker `n aantal mense gewees het wat hierdie as sodanig aangeneem en streng daarvolgens geleef het, en die uitwerking daarvan sou seker nie weggebly het nie.

[GJE 3.177.11] Toe dink Cornelius ietwat na en sê na `n rukkie: "Ja, ja, Here, dit begin in my bors ietwat ligter te word! Dit moes nou al eintlik baie duidelik gewees het, maar dit is nog te bewolk en mistig, sodat my siel dit nog nie so duidelik kan sien nie. Op bepaalde oomblikke gewaar ek egter dat dit ligter in my word, en dan verstaan ek baie goed. Op die wyse verstaan ek dit nou ook juis sodanig dat ek nie daaraan kan twyfel nie. Maar dat dit my volkome helder sou wees in hierdie wysheidsfeer wat tot nou toe aan niemand bekend was nie, daarvan sal daar nog lank geen sprake van wees nie!

[GJE 3.178.9] Sien jy, beste vriend Cornelius, die sake, dinge en lewensverhoudings in hierdie wêreld lyk nou só omdat dit só moet wees! En nou sal jy hopelik nie nog met `n vraag daaroor kom nie!

[GJE 3.178.14] Hou daarom goed rekening met alles wat Ek nou gesê het en handel daarvolgens, dan sal julle ook onfeilbaar dit bereik waarvoor julle almal geroep en uitverkies is vir tyd en ewigheid! – Sê My nou, vriend Cornelius, hoe jy nou oor hierdie aarde en haar mense in die lig en in die duisternis by jouself dink!"

[GJE 3.179.1] Cornelius dink `n tydjie daaroor na en sê uiteindelik vol verwondering: "Here, Here, -ja, goed goed, ja! Maar dit verander ewiglik niks aan die feit dat ek dit nooit werd sou wees dat U in my huis sou kom nie! Want net U is die Een, waarvan die groot Joodse koning Dawid, wie se Psalms ek reeds in my jeug gelees het, dit voorspel het toe hy praat: 'Maak die poorte wyd en die deure hoog, dat die Koning van die ere binne kan kom! Wie is die Koning van die ere! Hy is God Sebaot, magtig in die stryd!” (Psalm 24: 7-8)

3 4 5 6 7 8 9 10 11 Mobiele weergawe Kommentaar