Help

jakob-lorber.cc

4 5 6 7 8 9 10 11 Resultate 140 - 160 van 203

[GJE 3.179.7] Met die grootste genot in die wêreld roep Cornelius dadelik sy bediendes en laat ongeveer twintig velle baie goeie perkament, swart kleurstof en `n goue skryfstif bring.

[GJE 3.179.9] Toe gee die engel die twintig velle ter insae aan Cornelius, wat grensloos verbaas was dat die engel alles so onbegryplik vinnig op papier neergesit het. Want Cornelius was nog geen getuie gewees toe Rafael met vroeëre geleenthede staaltjies van sy snelskrywery kon toon nie. Daarom was hy dan ook so buitengewoon verbaas dat hierdie engel so wonderbaarlik vinnig klaar was met die uitskryf van die woorde wat deur My uitgespreek was, en dit nog wel in die Griekse en Latynse taal en so woordeliks, dat geen lettertjie daarvan ontbreek het nie.

[GJE 3.180.21] Maar Hy is nou juis die Een wat die gewyde groot toespraak vir Cornelius gehou het, wat ek toe vir hom opgeskryf het. Jy ken Hom wel vanaf Kana by Kis en sal Hom nou nog beter leer ken. - Daar sal nou egter dadelik iets gebeur waarby Hy weer suiwer lewenswoorde sal spreek."

[GJE 3.181.8] Die wyse meisie wat Cornelius soveel gegee het om oor te dink, het ook ingesluimer en ook die opperstadhouer, en ek merk nou dat daar al meer aan ons tafel slaap, maar aan die ander tafels gaan dit nog baie lewendig! Dit lyk vir my dat hierdie tafel deur die wysheid wat die engel, en veral wat jy ten beste gegee het, so slaperig geword het!?

[GJE 3.187.7] In My onmiddellike omgewing bly egter Cyrenius, Cornelius, Faustus, Julius, Philopold, Kisjonah, Ebahl met Jarah, Rafael en Josoë, dan die elf leerlinge, die ou Markus met sy twee seuns, en ook Mathael met Ouran, Rob, Bos, Miga en Sahr.

[GJE 3.202.9] Dat Ek sonder meer dieselfde een is, daarvoor staan hier nog twee lewende getuies voor in. Die eerste een is Cornelius, die jongste broer van keiser Augustus en die ander is opperstadhouder Cyrenius, wat My vinnig na Egipte begelei en versorg het en `n ouer broer van keiser Augustus is! As jy dit nou weet, sê My nou, wat jy van die Messias dink wat die drie sterrekonings bekend gemaak het! Bestaan Hy, of bestaan Hy nie?"

[GJE 3.210.3] Jou twee seuns moet egter nog één keer die oewers van die see fynkam! Langs die oewers dryf nog `n paar lyke; dit is `n aantal arm Judeërs met hulle vroue en kinders. Ek wil nie dat hulle, of ook ander, die dooies moet vind terwyl Ek hier vertoef nie. Die see is spieëlglad en die sterre skyn vannag besonder helder. Jou seuns kan die taak maklik volbring en te meer omdat goeie hulp aan hulle verleen kan word van die aanwesige skippers van Kisjonah wat hier teenwoordig is, van Ebahl uit Genésaret en van die skeepslui van Cornelius. Ongeveer nege persone dryf langs die oewers oor `n afstand van hoogstens `n anderhalf uur hiervandaan, hulle moet julle hierheen bring. Julle moet hulle dan met die gesigte na onder gekeer op `n skuins bodem neerlê en so tot moreoggend laat lê! Ek sal hulle dan eers more opwek"

[GJE 3.211.1] Toe gaan ons almal vinnig aan tafel en gebruik die maaltyd. Tydens die ete word daar nie gepraat nie, maar na die genotvolle wyn begin die geselskap behoorlik lewendig te word. Langs die tafel waaraan Ek sit met Cyrenius, Cornelius,, Faustus en Julius, met My leerlinge, met Ebahl, Jarah, Kisjonah, Philopold, met Ouran, Helena, Mathael en sy geselle, met die engel Rafael en die knaap Josoë, was `n nuwe tafel in gereedheid gebring vir ons Perse. Al die ander reeds bekende gaste sit aan die, spesiaal vir hulle, gereedgemaakte tafels, afhangende van die wyse waarop hulle, soos bekend, as groep by mekaar hoort.

[GJE 4.4.4] Markus doen dit; maar Cyrenius en Cornelius vra My waarom daar by die verdrinkte mense, voordat hulle lewend gemaak word, wyn in die mond gegiet moes word.

[GJE 4.4.6] Cornelius sê: "Nee, nie juis nie, Heer, maar die gedagte het net by my opgekom waarom U as die Almagtige, wat deur Sy wil alles kan vermag, Hom so nou en dan tog van heel natuurlike middele gebruik maak om `n doel te bereik!"

[GJE 4.4.8] Cornelius en Cyrenius sê: "Ja, nou verstaan ons dit ook. Ons verheug ons al in die lewendmaking van die nege verdrinkte mense! Gaan dit nou baie gou gebeur?"

[GJE 4.5.3] Cornelius sê: "Watter goeie oë het jy nie, jy ontdek tog ook alles eerste! As dit dan al verby is, dan is dit alles sondermeer in orde. Dit gaan tog net om die sekerheid van die slaag van dit wat die Heer voorgeskryf het, en Sy wil, want één mislukking sou talle vertwyfelings by die ongelowiges opgeroep het. Maar het jy egter gesien dat die nege opgestaan en weggegaan het?"

[GJE 4.5.4] Jarah antwoord `n bietjie verontwaardig: "Hoor hier, ek mag tog veronderstel dat ek nie as `n leuenaar daar uitsien nie!? Solank as wat ek leef en dink, het daar nog nooit `n leuen oor my lippe gekom nie, - en sou ek dan aan die kant van my Heer, my God en allerwaaragtigste Majesteit, met `n leuen aankom om daardeur julle nuuskierigheid te bevredig?! O, verhewe meester, dan ken u Jarah nog lank nie! Kyk, al is die verstand hoe verlig, dan woon die leuen ook daarin. Jy kan iemand met jou verstand uit eie oortuiging iets uitgelê het terwyl die oortuiging totaal onwaar was, en dan het jy deur jou uitleg volmaak gelieg, - want jy het jouself en jou naaste mislei. Maar die ware en suiwere liefde lieg nooit en kan nie lieg nie, omdat sy die naaste, wat ook `n kind van God is, meer ag as haarself en daarby God bo alles! Ek is egter vol liefde vir God en dus ook vir my naaste - sou ek dan in staat wees om `n onwaarheid teen u te spreek?! Verhewe Cornelius, hierdie veronderstelling van u kant was tog nie so hoflik nie!"

[GJE 4.5.5] Cornelius sê: "Maar, allerliefste Jarah, so het ek dit tog nooit bedoel nie! Ek vra dit aan jou op die manier omdat dit `n heel gewone manier van vra is, maar ek het in die verste verte nie daaraan gedink dat jy my ook maar iets onwaar sou wou vertel het nie! Vra dit aan die Heer Self wat tog beslis weet hoe dit daar in my hart uitsien, of ek vir jou, argelose, liewe meisie, van `n leuen wou betig! Die nege mense was opgewek deur die wil van die Heer en het ook reeds weggegaan, ewe-eens volgens die wil van die Heer, en die hele saak is daarmee afgedaan. Suiwer uit gewoonte het ek jou egter die ietwat lompe vraag gestel en ek het eintlik heeltemal niks daarby bedoel nie. - Kan jy tog daaroor vir my boos wees?"

[GJE 4.5.7] Cornelius en Cyrenius sê: "Ja, ja, daar het jy gelyk. As die Heer by ons is, is dit `n sonde om minute weg te praat! Laat ons nou alleen aan die Heer die eer gee om iets te beslis en te bepaal!"

[GJE 4.8.4] Daarop rus almal en die aangeleentheid tussen Judas Iskariot en die bewaker van Ouran se skatte, wat Ouran en Mathael tog baie onbelangrik gevind het, was afgeloop. Albei het baie belangrike regeringsake om met Cornelius en Festus af te handel, want vir Ouran begin die tyd te druk omdat hy al ernstig daaroor gedink het om met die groot waarheid wat hy gevind het, terug te keer na die volk waarvan hy koning was, en om hulle daarmee so veel moontlik geseënd te maak. Hy wou koning wees van `n verstandige en wyse volk en nie van suiwer menselarwes en –masjiene wat hulle gedra soos diere sonder kennis en sonder wil nie.

[GJE 4.9.12] Toe hulle so voor Cyrenius en Cornelius en Festus staan, vra Cyrenius met die gebruiklike erns van `n Romeinse diktator: "Waar is julle volmag, en die opdrag waarin staan dat julle die profeet van Galilea in al sy doen en late moet agtervolg?"

[GJE 4.25.7] Dit bring ons Zinka tot ruste, maar hy let nou orals op en hou sy oë en ore op Cyrenius, Cornelius en die engel gerig omdat hy gedink het dat hulle My die eerste sou kon verraai. Daarin vergis hy hom ewenwel, want Ek het hulle dadelik in hulle hart gelê wat hulle moes sê en waarheen hulle die aandag van Zinka moes aflei. Ook word die sitting nou opgehef en word die tafels weer opgeruim. Ons gaan na die oewer en het dit daar oor heel onbelangrike sake. Natuurlik verloor Zinka en sy metgeselle ons nie so maklik uit die oog nie.

[GJE 4.40.1] Cornelius kom na My toe en vra: "Heer, tydens U meer as goddelike toespraak en lering, het U aangedui dat `n geestelik volmaakte mens `n ander die hande sou kon oplê, waarop hierdie ander dan dadelik in `n magnetiese slaap sou val en vanuit sy innerlike wete wyshede ten beste sou deurgee - ook al sou hy andersins `n hóé blinde en volslae dom mens wees! As ek nou maar eenmaal kon sien hoe om met so `n behandeling te werk te gaan, dan sou ek weet hoe so `n heilsame proefneming by iemand uitgevoer moet word in geval dit êrens nodig sou wees. Maar as leek ten opsigte van die behandelingswyse, kan jy selfs met die beste wil niks begin en bygevolg ook niks tot stand bring nie. - Sou U my daaroor iets nader wou vertel?"

[GJE 4.40.10] Cornelius sê: "Gewis en seker! Maar kan `n vrou so godvresend word?"

4 5 6 7 8 9 10 11 Mobiele weergawe Kommentaar