Help

jakob-lorber.cc

5 6 7 8 9 10 11 Resultate 160 - 180 van 203

[GJE 4.84.18] Ek sê: "Omdat Ek jou siel goed ken, het Ek jou ook in die gees geroep, anders sou jy nie hierheen gekom het nie. Omdat jy nou egter so grondig verander het, is verder ook reeds vir jou gesorg. Jy sal vir My ook `n goeie werktuig wees by die Grieke aan die kus van Klein-Asië en ook in Europa. Daar is heelwat wat smag na die lig en wat dit op geen enkele plek kon vind nie. Voorlopig word jy egter in die huishouding van Cornelius opgeneem, wat `n broer van Cyrenius is. Daar sal jy alles kry wat jy nodig het. Ek sal jou op die regte oomblik meedeel wanneer die tyd gekom het dat jy daarop moet uittrek en die volke My Naam bekend moet maak. Nou het jy egter alles wat jy nodig het; wat jy verder nog nodig sal hê, sal die Gees van die Waarheid jou leer. As jy moet spreek, sal jy nie hoef na te dink nie, maar op daardie oomblik sal dit jou in jou hart en in jou mond gelê word, en die volke sal jou hoor en sal Hom prys wat jou sulke wysheid en mag gegee het."

[GJE 4.85.4] Vandag na die maaltyd sal ons egter tot aan die oggend wakker bly en julle almal sal die laaste nag wat Ek liggaamlik by julle sal deurbring, so `n geweldige hoeveelheid wonderbaarlike dinge te siene en te hore kry soos nog nooit vroeër nie, want in hierdie nag sal julle die Een heeltemal leer ken wat dit nou vir jou gesê het. Maar daarvan mag aan niemand voortydig iets vertel word nie! - My beste Zorel, sluit jy jou nou aan by Cornelius, want hy en nie Cyrenius nie, sal van nou af aan jou versorger wees!"

[GJE 4.85.6] Ek sê: "Jou wens doen My hart baie plesier aan en het net soveel waarde as die daad self; maar jy het van almal wat hier bekeer was, tog al reeds `n groot aantal vir jou rekening geneem! In Zinka en sy metgeselle besit jy `n skat, jy het Stahar, Murel en Floran, Hebram en Risa, Suetal, Ribar en Baël, Herme met sy vrou en dogters, en jy het nou ook beide jou dogters Gamiëla en Ida, met elkeen wat Ek voorbestem het om jou skoonseuns te word, en jy het die wonderjonge Josoë; en vanselfsprekend is al hulle aanhang ook aan jou gegee en daarmee kan jy volkome tevrede wees! Jou broer Cornelius neem slegs vir Zorel vir sy rekening, en hy sal vereers aan sy huis goeie dienste verleen en later ook aan die vreemdes vir wie Ek hom opgewek het. Jy sal egter tog nog dikwels genoeg na jou broer gaan en hy na jou, en dan sal jy nog baie met ons Zorel kan bespreek. - Treur jy nou nog omdat Ek Zorel nie aan jou toevertrou het nie?"

[GJE 4.86.1] Markus gee nou die teken dat elkeen op die klaargesette, lang banke kan gaan sit en Cornelius vra Zorel om aan sy regterkant plaas te neem.

[GJE 4.86.3] Ek sê: "Vriend Zorel, jou wil is hier voldoende! Doen Cornelius dus daardie plesier aan! Ware nederigheid lê tog immers nie in uiterlike, sigbare dinge nie, maar heeltemal volgens die waarheid in die hart. Gaan na Jerusalem en kyk daar hoe die fariseërs en al die skrifgeleerdes met deemoedige gesigte en klere rondstap terwyl hulle harte vervul is met stinkende hoogmoed en diepste hellehaat ten opsigte van elkeen wat nie na hulle pype wil dans nie - maar `n koning kan, wanneer hy sy kroon en septer nie hoër stel as die waarde van `n mens nie, in sy hart so nederig wees as die geringste bedelaar langs die pad! As jy eers goed daaroor nadink, kan jy wel aan die regterkant van Cornelius aan ons tafel sit."

[GJE 4.86.4] Zorel sê: "Ah, in daardie geval kan dit natuurlik wel!" - Hy loop nou daarheen en gaan sit soos wat Cornelius dit versoek het.

[GJE 4.86.5] Cornelius sê nou vir hom: "So, beste vriend, dit doen my van ganser harte genoeë! In die vervolg sal ons immers in die Naam van Hom wat ons verlig het, tesame lewe en werk! Wat betref die ware nederigheid, glo ek dat `n mens in die hart vol ware nederigheid en naasteliefde moet wees, maar uiterlik juis nie daarmee moet pronk nie; want deur uiterlik te onderdanig dieper as die ander mense te buig, maak ek hulle hoogmoedig en ontneem ek myself die geleentheid om hulle in alles wat nuttig sou wees, te kan dien.

[GJE 4.87.2] Daarop antwoord Cyrenius hom: "Die jongeling is `n wonderbaarlike wese; hy is mens en gees tegelyk, in hom lewe `n krag en `n mag waarvan jy nog nooit gedroom het nie. My broer Cornelius, wat naas jou sit, kan dít beaam!"

[GJE 4.87.3] Daarop vra Zorel aan Cornelius wat daar dan so besonders met die jongeling aan die gang is.

[GJE 4.87.4] Cornelius sê: "Kyk, beste Zorel, dit is soos wat my broer dit al vir jou gesê het; meer kan ek jou oor sy wonderbaarlike wese nie vertel nie om die eenvoudige rede dat ek dit, heel eerlik gesê, werklik self nie verstaan nie. Hy moet dieselfde engel wees wat volgens die Judese mite eertyds `n sekere jong Tobias reeds as gids gedien het. Daar was ek beslis nie by om jou in hierdie saak as lewende getuie te kan dien nie, maar ek glo dat dit so is - en waarom sou `n mens so iets nie glo nie?!

[GJE 4.87.12] Cornelius sê: "Vriend, jy praat asof dit geskryf staan, en jou beskeie mening bevat sekerlik ook enige waarheid, maar ek het nou nóg `n mening vir jou en dit bestaan daarin dat jy nou jou vis moet eet en nie so baie daarop moet let hoe die hemelse jongeling die een vis na die ander opeet nie en nog steeds `n eetlus vertoon waaraan jy maklik kan sien dat hy in staat sou wees om nog tien sulke visse sonder enige moeite na binne te werk! Eet jy nou ook en laat blyk dat jy ook minstens één vis kan verorber en `n beker goeie, sê maar beste wyn!"

[GJE 4.89.11] `n Tyd lank gaan dié gedagtes deur die kop van Zorel en vervolgens sê hy vir Cornelius en Zinka: "Dit is na my mening tog gewis `n egte wonder, want so iets het tot op hede nog nooit op aarde plaasgevind nie! Watse soort klip kan dit tog wees? Vanaf die begin van tye tot op hede is so `n klip nog nooit ontdek nie! Hoeveel waarde sou so `n klip vir `n keiser of `n koning hê, vooropgestel dat die lig daarvan mettertyd nie minder sal word nie! Want langs die uitgestrekte kuste van Afrika tot baie ver agter die Hercules-suile, tot in die streke waar die uitlopers van die hoë Atlasgebergte die Atlantiese oseaan begroet, sien `n mens in die na-somer ewe-eens hier en daar wit en in die nag op bepaalde ure baie sterk liggewende klippe; maar hulle gee nie lank lig nie en as `n mens so `n klip in `n droë vertrek laat inbring, hou die liggewing weldra op en daardeur het die klip geen waarde meer nie. Maar met hierdie klip skyn egter iets heel merkwaardig aan die gang te wees! Dit sal sy lig beslis nooit verloor nie, en moet daarom onnoemlik baie waarde hê!"

[GJE 4.89.12] Cornelius sê: "Nie slegs vanweë die lig nie, maar veeleer vanweë die Een wat dit hierheen laat kom het! Maar laat ons nou daaroor ophou! Môre sal ons dit in die daglig wel makliker kan bekyk en beoordeel as nou; want dan sal ons oë deur die sonlig minder gevoelig wees as juis vandag, dit wil sê nou in hierdie donker nag, waarin die wolke daar uitsien asof hulle `n behoorlike landreën voorspel. Laat ons nou egter stil wees, want die Heer sal `n aanvang maak met wat Hy ons benede aan tafel beloof het!"

[GJE 4.111.7] Van nou af aan staan sake sekerlik algeheel anders, en hulle sal nog baie anders staan as Ek eenmaal na My huis vertrek het! As teken van dit alles, sal Ek nadat Ek teruggekeer het, in die groot tuin van broer Cornelius aan een van My leerlinge, wat nog `n ortodokse Judeër van die ou stempel is, aandui welke kosse in die vervolg sonder enige beswaar geëet kan word.

[GJE 4.112.5] NOTA BENE: "Jy, My kneg en skrywer (Lorber), dink nou dat Ek destyds nouliks iets daaroor sou gesê het?! Wil jy dan ook so swak in die geloof word soos wat jy nog in jou liggaam is?! Kyk, Ek sê vir jou dat Ek selfs jou naam en meer name van ander aan Cyrenius en Cornelius genoem het, en dat hulle nou ook met baie blydskap getuie is van dít alles wat Ek jou nou laat neerskryf. Maar aan die einde sal Ek ook aan jou die name van mense bekendmaak wat, gereken vanaf nou, binne twee duisend jaar nog groter dinge sal opskryf en verrig as wat jy nou doen! - Onthou dit eerstehands en skryf alles in die volste geloof neer!”

[GJE 4.112.6] Cyrenius is hoogs verbaas daaroor, en Cornelius vra My meer uit oor die manne aan wie dit gegee sal word.

[GJE 4.123.5] Na hierdie harde teregwysing wou Judas Iskáriot weliswaar nog iets sê, maar Cornelius sê aan hom: "Open jou mond eers weer as iemand jou daarom vra; swyg andersins en steur die Heer nie in Sy werk nie! Wil jy egter tog volstrek iets sê, gaan dan so ver moontlik die nabygeleë bos in en praat daar met die bome en struike; hulle sal jou geen antwoord gee wat jou sou kon kwaad maak en uiteindelik selfs diep sou kon beledig nie! Of loop na benede na die see en praat daar met die visse; dié sal jou ook nie teenspreek nie! Want van dit wat hier gesê word en wat hier gebeur, begryp jy tog so goed as niks; en jou nukkerige domheid, en jou egoïsme en hebsug wat altyd opnuut daaruit ontstaan, steur ons in die vir ons so noodsaaklike, dieper beskouinge van die groot lewenswaarhede vanuit God, die Heer oor alles!"

[GJE 4.123.6] Na hierdie woorde verdwyn Judas Iskáriot heeltemal na die agtergrond en sê geen woord meer nie; want vir Cornelius het hy groot respek omdat hy dié se ywer en gevoelens vir My en My leer maar al te goed ken.

[GJE 4.130.1] (Mathaël:) "Toe ek `n jong seun van twaalf jaar was en reeds in staat was om met manlike erns te dink en te praat, word daar in Jerusalem `n aantal roofmoordenaars van die ergste soort veroordeel om gekruisig te word. In totaal was daar sewe. Dit was in dié tyd nie net in Jerusalem baie opsienbarend nie, maar ook in die verre omtrekke. In dié tyd was `n sekere Cornelius hoof van die Romeinse leër en daarby ook ad interim, d.w.s. tydelike landvoog. Hy was besonder vertoornd op hierdie aartsbooswigte, omdat hulle met `n ware tiere-aard die gevange mense sommer vir hul plesier onder allerlei verskriklike martelings doodmaak en daar des te meer plesier in het namate hulle iemand langer kon martel. Kortom, die begrip 'duiwel' sou vir hulle nog veels te goed en fatsoenlik gewees het!"

[GJE 4.130.2] Hier onderbreek Cornelius hom en sê: "Vriend, vergeet nie jou woorde wat vir my uiters waardevol is nie, maar ek moet hier ter wille van die waarheidsgetrouheid van jou vertelling nog opmerk dat ek dié Cornelius was! En gaan nou maar weer verder met jou verhaal, want tot nou toe was daar nog geen enkele onwaar woord by nie!"

5 6 7 8 9 10 11 Mobiele weergawe Kommentaar