Help

jakob-lorber.cc

7 8 9 10 11 Resultate 200 - 203 van 203

[GJE 10.83.15] Bowendien het deur My toedoen die vernaamste maghebbers in die wêrelddeel in hulle hart al sedert baie jare tot die lewende Judeërdom oorgegaan, soos die opperstadhouer Cyrenius, sy jongste broer Cornelius in Rome, die staatsman Agricola en verskillende mense aan sy sy, hulle is dit ook eers sedert `n halfjaar of iets langer.

[GJE 10.117.10] Toe sê die kommandant: “Dit, o Heer en Majesteit, sal ons met U voortdurende hulp wel weet om te voorkom! In wêreldse opsig is ek hier die enigste gebieder en staan alleen onder die owerste Cornelius, wat teenswoordig in Kapernaum sy residensie het, en die goewerneur Cyrenius, wat dikwels in Tirus en by tyd en wyle ook in Sidon verblyf het.

[GJE 10.146.1] (Die Heer:) “Kyk, toe Ek byna drie-en-dertig jaar gelede in `n skaapstal in Bethlehem in hierdie wêreld gekom het, gebore uit `n baie suiwer en vroom maagd - wat Maria heet en die enigste dogter was van Jojagim en die ou Anna, wat in die tyd van die vrome Simeon altyd in die tempel hulle sake gehad het - was die heidene, wat as eerstes reeds van ver gesien het, dat in My, iets buitengewoon in hierdie wêreld gekom het. Hulle het My allerlei offers - goud, wierook en mirre - gebring en die magtigste gesagdraers van Rome in Judea en oor alle Romeinse lande in Asië en ook Afrika het My alle liefde bewys en het My alle hulp verleen, veral by die treurige geleentheid, toe dit die ou Herodus ter ore gekom het dat in My `n baie magtige Koning van die Judeërs gebore was en hy alle manlike kinders tot twaalf jaar wou laat vermoor. My aardse moeder en My pleegvader Josef en sy vyf seuns, wat hy uit `n vorige huwelik gekry het, moes toe met My na Egipte vlug, en die Romeinse kommandant Cornelius en sy broer Cyrenius het My by die vlug veel liefde bewys en vir `n goeie onderdak in `n vreemde land gesorg.* *(Sien vir hierdie gebeurtenisse ook “Die jeug van Jesus” van Jakob Lorber. Volgens hoofstuk 3:17,24-25 was Herodus oorspronklik van plan om alle kinders tot 12 jaar te laat ombring, maar Cornelius wis hom deur sy wysheid hiervan afgebring. Volgens hoofstuk 41:2 en Matthéüs 2:16 kon die kinders tot 2 jaar egter nie gespaar word nie.)

7 8 9 10 11 Mobiele weergawe Kommentaar