Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die drie Dae in die Tempel

11. Maar soms het dit ook gebeur, dat seuns van besonder baie gees en talent teenvrae aan die eksaminatore gerig het en ‘n verduideliking oor dit en dat uit die profete verwag het. By sulke geleenthede was daar onder die eksaminatore gewoonlik mismoedige en ergerlike gesigte te sien; want die eksaminatore was selde met die skrif en die profete meer vertroud as deesdae die baie skraal opgeleide Abc-onderwysers. Hulle het net dit geweet, waaroor hulle vrae gevra het. Verder as dit het dit gewoonlik maar donker gelyk.

12. Teenwoordig by die eksamen, was daar egter ook so te sê eksamenkommissarisse, bestaande uit verskeie ouderlinge en skrifgeleerdes. Hulle toets nie, maar luister net, na dit wat gevra was. Net in bogenoemde spesiale geval, wanneer dit die moeite werd was, het hulle begin roer deur die vraende seun, wat dit gewaag het, om sy eksaminatore in ‘n onaangename, tydrowende posisie te plaas, eers oor sy onverstandige vermetelheid te berispe.

13. Sodanige knaap was, wanneer hy hom nie maklik laat afskrik het nie en by sy voorneme en verwagting gebly het, meer vir die skyn voor die volk as vir die dieper waarheid daarvan, vir eers gevra om te wag en moes vir die verduidelikende antwoorde vir sodanig kritiese vrae tot ‘n sekere uur in die aand wag, waar hy dan eers op sy eie ondervra was.

14. Het dan die beloofde uur aangebreek, was sulke kandidate nog steeds met heelwat onwilligheid uit hul wegsteekplek geroep, en hulle die vroeër gestelde vraag moes herhaal, en een van die ouderlinge en skrifgeleerdes het dan gewoonlik vir die vraer sodanig mistieke en soveel as moontlik verwarrende antwoord gegee, waaruit die seun beslis nie slimmer kon word nie - en die volk het homself met diep, dom, stom, doof en blind bewondering oor die onbegryplike diepte van die Gees van God deur die mond van ‘n ouderling of skrifgeleerde op die bors geslaan en het ten slotte die knaap weer oor sy onbesonne vermetelheid berispe.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar