Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die drie Dae in die Tempel

3. As die kinders kon bewys, dat hulle van die stam Levi afkomstig is, dan het dit met die opname in die skool van die Tempel maklik gegaan. Kon die ouers dit egter nie bewys nie, dan het dit met die opname minder goed gegaan, en hulle moes hulle feitlik in die stam Levi inkoop en aan die Tempel ‘n beduidende offer bring.

4. Die dogters was van hierdie eksamen vrygestel - behalwe as hulle op aandrang van die ouers hulle ook wou laat toets, ter wille van die groter welgevalle voor God. In hierdie geval is hulle deur die oumoeders van die Tempel in ‘n spesiale woning deeglik getoets en het ook ‘n rapport vir alle kennis en vaardighede wat hulle tot dusver opgedoen het, verwerf. Sulke meisies kon dan vrouens van die priesters en Leviete word.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar