Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die drie Dae in die Tempel

8. Na voltooiing van die kort toets het die kind ‘n klein papiertjie gekry, waarmee hy saam met sy ouers by dieselfde belastingkassiere moes aanmeld, waar hy vantevore die eksamenfooie betaal het, waar hy dan met voorlegging van die toetspapiertjie weer ‘n klein fooi moes betaal, indien hy in plek van die papiertjie ‘n tempelrapport wou hê. Kinders van arm ouers moes ‘n bewys van armoede saambring, andersins was hulle nie tot die eksamen toegelaat nie.

9. Die tyd van die eksamen was óf tydens die Paasfees óf ten tye van die Loofhuttefees en het gewoonlik vyf tot ses dae geduur. Maar voordat die eksamen in die Tempel ‘n aanvang geneem het, is daar reeds ‘n paar dae vantevore tempeldienaars na die herberge gestuur, om vas te stel, hoeveel toetskandidate teenwoordig sou wees.

10. Wie daar teen betaling van ‘n klein fooi ‘n besonder voorkeur wou kry, die kon dit doen, omdat hy daardeur sy beurt, om getoets te word, kon vervroeg. Die sonder betaling moes dan gewoonlik die laastes wees, en met hulle eksamen was dan ook nie baie moeite gedoen nie, en dan is daar gewoonlik ook geen rapporte uitgereik nie. Daar word belowe, dat dit nog gedoen sal word, maar waar daar gewoonlik niks van gekom het nie.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar