Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die drie Dae in die Tempel

9. Die tyd van die eksamen was óf tydens die Paasfees óf ten tye van die Loofhuttefees en het gewoonlik vyf tot ses dae geduur. Maar voordat die eksamen in die Tempel ‘n aanvang geneem het, is daar reeds ‘n paar dae vantevore tempeldienaars na die herberge gestuur, om vas te stel, hoeveel toetskandidate teenwoordig sou wees.

10. Wie daar teen betaling van ‘n klein fooi ‘n besonder voorkeur wou kry, die kon dit doen, omdat hy daardeur sy beurt, om getoets te word, kon vervroeg. Die sonder betaling moes dan gewoonlik die laastes wees, en met hulle eksamen was dan ook nie baie moeite gedoen nie, en dan is daar gewoonlik ook geen rapporte uitgereik nie. Daar word belowe, dat dit nog gedoen sal word, maar waar daar gewoonlik niks van gekom het nie.

11. Maar soms het dit ook gebeur, dat seuns van besonder baie gees en talent teenvrae aan die eksaminatore gerig het en ‘n verduideliking oor dit en dat uit die profete verwag het. By sulke geleenthede was daar onder die eksaminatore gewoonlik mismoedige en ergerlike gesigte te sien; want die eksaminatore was selde met die skrif en die profete meer vertroud as deesdae die baie skraal opgeleide Abc-onderwysers. Hulle het net dit geweet, waaroor hulle vrae gevra het. Verder as dit het dit gewoonlik maar donker gelyk.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar