Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die drie Dae in die Tempel

7. Maar die bogenoemde vraag was uit Jesaias, Hoofstuk 7, vers 14 en 15 en 16 geneem, en die verse lui soos volg: “So sal die Here Self vir julle ‘n teken gee: Sien, ‘n maagd is swanger en sal ‘n seun voortbring, wat sy Emanuel sal noem. Botter en heuning sal hy eet, dat hy weet om die bose te verwerp en die goeie te kies. Maar voordat die knaap leer om die bose te verwerp en die goeie te kies, sal die land, waarvoor jy gril, deur sy twee konings verlate wees.”

8. Die eerste deel van bogenoemde vraag bestaan daarin: wie is die maagd en wie is haar seun Emanuel, en wanneer dit sal gebeur, dat sodanige seun in die wêreld gebore sal word. Die tyd moes alreeds daar wees, omdat die land van Jakob reeds vir verskeie jare sonder sy twee konings is, en nou die heidene hulle regeerders is. Is dan nou nie die twaalf jaar gelede in Bethlehem deur die maagd Maria, wat getroud was met die skrynwerker Joseph - nog nie as vrou, maar volgens die ou gebruik van die Tempel pleegaanbevole was - in ‘n skaapkraal gebore seun, vir wie die wyses van die môreland gekom het, om hom as die beloofde groot koning van die Jode te groet, en vir wie Anna en Simeon in die Tempel tydens die besnyding ‘n groot getuienis gegee het, juis daardie Emanuel is, van wie Jesaias geprofeteer het.

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar