11. Kyk, presies so sal die Antichris en al sy leerlinge ook doen, en julle sal hom baie maklik daaraan herken! En as sy leerlinge dan orals ter wêreld met oopgesperde mond sal skreeu: 'Kyk, hier is die ware die Messias(Christus)!' of' Daar is hy!', laat niemand van My hulle dan glo nie! Laat die egte wêreldse kinders egter met rus en roep hulle nie, sodat julle met rus gelaat kan word deur die Draak en sy aanhang; want hy sal hom `n tyd lank groot mag toeëien en sy vyande baie boos behandel! Maar juis daarmee sal hy sy oordeel en sy ondergang self bewerkstellig.
|