Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 1

Joh. 1,01] Aan die begin was die woord, en die woord was by God, en God was die woord.

1. Hierdie vers het reeds ‘n groot hoeveelheid van allerlei wanvertolkings en verklarings tot gevolg gehad; ja, selfs blatante Godverloënaars gebruik juis hierdie teks, om met behulp daarvan My Godheid met groter sekerheid te weerlê, aangesien hulle die Godheid in die algemeen verwerp. Maar ons wil sulke ongeloofwaardige stories nie weer ophaal nie, waardeur die verwarring net nog groter pleks van kleiner sou word, maar onmiddelik met die mees kort moontlike verduideliking vorendag kom; dit, as self lig in die lig van die lig, sal vanself die wanvertolkings bekamp en oorwin.

2. ‘n Hoofrede vir die onverstand van sulke tekste, is ongelukkig in die baie swak en foutiewe vertaling van die Skrif uit die oertonge na die tonge van die teenswoordige tyd, geleë; alleen, dit is goed so. Want as die gees van sulke tekste nie so goed verborge sou wees soos wat dit is nie, dan sou dit wat heilig daarin is, lankal tot op die laagste vlak ontheilig word, wat daar tot die grootste nadeel van die hele aarde sou strek; maar so het hulle net aan die bas geknaag en kon nie by die lewendige heiligdom uitkom nie.

3. Maar die tyd het nou aangebreek, om die ware innerlike betekenis van sulke tekste vir almal te wys, wat waardig is om daaraan deel te neem; maar vir hom wat onwaardig is sal dit duur te staan kom, want Ek laat met My by sulke geleenthede geen grappe maak nie en sal nooit ‘n kompromie aangaan nie.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar