Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 154 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 154

1. Almal het hulle oë nou na die oggend gerig, waar dit soos met die opgaande son al hoe ligter en ligter geword het, - vanselfsprekend net vir die innerlike sig, alhoewel daardeur ook die vleeslike oog geraak was.

2. Uiteindelik na ‘n kort rukkie, nadat die ooste al hoe helderder en helderder geword het, het drie liggestaltes wat baie helderder as die son geskyn het, in volmaakte mensevorm deur die lug na ons toe gesweef. Maar in die lig van daardie drie engele, wat daar op grond van die lig en van weë hulle vastigheid die algemene naam “Cherubim” het, kon die geesteswêreld skaars meer gesien word, en die geeste het soos onstabiele mis gelyk, wat rondom die berge gevorm het.

3. Toe die drie Cherubim ten volle by ons was, het hulle hulle lig ‘n bietjie afgeskaal, het vir hulle voor My op hulle aangesigte gegooi en het gesê: “Here! Vir Jou alleen kom alle eer van die ewigheid en oneindigheid toe!”

4. Maar Ek het vir hulle gesê: “Vermom vir julle en haas vir julle af, daar waar My twaalf bodes op ‘n bepaalde oord wag! Hulle het My wil vervul, en dit is voldoende; dus gaan haal vir hulle en bring hulle hiernatoe!”

5. In daardie oomblik vermom die drie engele hulleself, verdwyn ‘n rukkie en binne ‘n kort tydjie van ‘n paar oomblikke bring hulle die twaalf Apostels wat uitgestuur was, na My toe op die piek van die berg.

6. Maar die twaalf, behalwe vir Judas, was vol vreugde daaroor, dat hulle op sodanig wonderbaarlike wyse van ver af na My toe gebring is.

7. Net Judas het gesê: “Vir sodanige reis sê ek vir alle toekoms, dankie maar nee-dankie! Dit het wel net ‘n paar oomblikke geduur; maar my angs en die trek van die lug!”

8. Maar die engele het dit ook net vir Judas laat aanvoel; die ander elf het niks daarvan gevoel nie.

9. Hierdie gebeurtenis het daarna vir ‘n lang tyd in die mond van die volk behoue gebly, naamlik dat die Apostels deur die drie engele van ver af deur die lug op die berg na My toe gebring was.

10. Maar baie op die berg het begin om bang te word en het gesê: “By die hemel, daar gebeur wonderbaarlike dinge; ‘n mens kan dit skaars meer uithou!”

11. Weer ander het gesê: “Dit kan net Jehova self bewerkstellig!”

12. Maar die twaalf het baie van dit wat hulle binne die kort tyd alles beleef het, vertel.

13. Maar Ek het vir die drie engele beveel, dat hulle ‘n groot hoeveelheid brood en wyn moet bring; want die twaalf was honger en dors, omdat hulle vir ‘n hele dag lank niks te eet en te drink gekry het nie. En die engele het onmiddelik uitgevoer, wat Ek vir hulle gebied het om te doen, en het brood en wyn in regte hoeveelheid gebring. Toe het die twaalf die brood en wyn geneem, het volgens behoefte geëet en gedrink en was versterk.

14. Maar ook die dogters wou van daardie brood en wyn proe en het derhalwe vir My daarom gevra. Kisjonah het vir die dogters oor die voorbarigheid berispe en het gesê: “Om lus te wees is ook ‘n sonde; daarom moet by alle dinge die selfverloëning bygevoeg word, andersins kan ‘n mens geen ware deugde bereik nie, waarsonder daar geen lewe kan wees nie.”

15. Maar Ek het gesê: “Vriend, hierdie sonde sal vir jou dogters vir ewig vergewe wees; want sulke sondes kan maklik vergewe word, wat in die grond van gronde geen sondes is nie. Jou dogters is in alle erns honger en dors, en daar is voldoende brood en wyn vir almal wat hier is, daar. En daarom moet ook almal daarvan geniet volgens behoefte, nadat die twaalf wat dit die nodigste het, vir hulle versterk het!”

16. Daarmee was Kisjonah saam met sy vyf dogters ten volle tevrede. Maar Ek het daarop vir die twaalf Apostels gesê, dat hulle onmiddelik moet brood en wyn uitdeel, en hulle het dit onmiddelik gedoen.

17. Daar was hierdie keer ongeveer agthonderd mense op die berg, wat ‘n baie ruim piek gehad het, met ‘n rotsblok wat vyf vame bokant die plato uitgesteek het, maar wat ook maklik van die middag se kant af geklim kon word. Almal het geëet en gedrink en was versadig, en het vir My geloof en geprys vir hierdie wonderbaarlike versterking. En Kisjonah het vanaf die voorgenoemde rotsblok af gepraat, waarop hy vir hierdie doel geklim het:

18. “Luister na my, vriende en broeders! Ons ken die skrif vanaf Moses tot naby ons tyd, en die boeke oor die oorloë van Jehova, waarvan Moses en baie ander profete melding maak, het ons uit Persië gekry, vertaal en gelees, aangesien hulle deur baie wyses as eg beskou word; maar van al die wonders wat daarin beskryf word, is daar ook nie een, wat daar met dit vergelyk kan word, wat nou voor ons oë plaasvind nie. Dit is nie net in Israel, maar ook in die res van die wêreld nog nie gehoor nie! Wie moet dus Hy wees, wat sulke dade uitoefen, wat, behalwe vir God, niemand anders kan doen nie?!”

Hoofstuk 154 Mobiele weergawe Kommentaar