Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 155 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

15. So volmaak soos die Vader in die hemel is, net so volmaak moet ook julle wees, - andersins julle nooit Sy kinders kan word nie! {a lev.11,44; lev.19,02; lk.06,36; jl.ev01.155,15; jl.ev01.039,05; jl.ev01.039,08; jl.ev01.050,13; jl.ev01.071,13; jl.ev01.039,05-10; jl.ev02.159,14; jl.ev03.180,06; jl.ev04.001,04; jl.ev04.039,01; jl.ev04.110,11; jl.ev04.245,04; jl.ev05.271,06; jl.ev06.226,10; jl.ev07.054,12-13; jl.ev07.139,06; jl.ev08.027,11; jl.ev09.022,05*; jl.ev09.024,05; jl.ev09.102,07; jl.gso2.018,15}

16. Jy het die geskrifte van Matteus gelees en ook die bergpreek daarin; daar het Ek vir die dissipels leer bid, naamlik met die oproep: ‘Onse Vader!’

17. Wie sodanige gebed in die hart bid, maar dit nie met die regte verstand verstaan nie, die is soos ‘n blinde, wat die son loof en prys, maar vir haar ten spyte van haar allermagtigste lig nie kan sien en ook geen voorstelling daarvan kan maak nie. Hy sondig daardeur natuurlik nie; maar in waarheid beteken dit ook niks vir hom nie; want hy bly daarby nogtans in dieselfde duisternis.

18. Daarom, indien julle ‘n mens se hart werklik vir die lewe wil vorm, dan moet julle vooraf nie vergeet om die verstand behoorlik te skool nie, andersins maak julle van hom ‘n blinde vereerder van die son, wat van geen nut is nie.”

Hoofstuk 155 Mobiele weergawe Kommentaar