Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 179 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Maar daar het ook ‘n paar fariseërs saam met die volk gekom, sodat hulle as tempelpolisie uit Jerusalem alles kon dophou, wat Ek, waarvan hulle al baie gehoor het, nog verder hier sal doen. Die genesing van die besetene, wat doof, stom en gelyktydig blind was, het reeds vir hulle ‘n beduidende hou toegedien, en hulle het aaneen beraadslaag, wat daar gedoen moet word, om vir My voor die volk as ‘n rondloper, niksnut, bedrieër of selfs as ‘n towenaar wat met die duiwel ‘n bondgenootskap het, kan verdag maak. Derhalwe het hulle ook vir die volk gesê: “Dit sal môre wel wys wie se gees se kind hy is! Ons sal mos sien, hoe baie van die kreupeles, verlamdes en melaatses hy sal genees!” Sê die volk: “Hy het die ergste so skielik genees, dan sal Hy sekerlik die ander des te makliker kan genees! Maar julle moet ten opsigte van hierdie dinge glad niks praat nie; want deur julle is nog nooit iemand genees nie, hetsy deur julle duur gebede en nog minder deur julle amulette, wat julle by die siekes adverteer en vir duur geld aan hulle verkoop! {mt.12,24*; mk.03,22; lk.11,15; jl.ev01.184,02} – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1, Hoofstuk 179, Paragraaf 10

Hoofstuk 179 Mobiele weergawe Kommentaar