Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 179 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

10. Maar daar het ook ‘n paar fariseërs saam met die volk gekom, sodat hulle as tempelpolisie uit Jerusalem alles kon dophou, wat Ek, waarvan hulle al baie gehoor het, nog verder hier sal doen. Die genesing van die besetene, wat doof, stom en gelyktydig blind was, het reeds vir hulle ‘n beduidende hou toegedien, en hulle het aaneen beraadslaag, wat daar gedoen moet word, om vir My voor die volk as ‘n rondloper, niksnut, bedrieër of selfs as ‘n towenaar wat met die duiwel ‘n bondgenootskap het, kan verdag maak. Derhalwe het hulle ook vir die volk gesê: “Dit sal môre wel wys wie se gees se kind hy is! Ons sal mos sien, hoe baie van die kreupeles, verlamdes en melaatses hy sal genees!” Sê die volk: “Hy het die ergste so skielik genees, dan sal Hy sekerlik die ander des te makliker kan genees! Maar julle moet ten opsigte van hierdie dinge glad niks praat nie; want deur julle is nog nooit iemand genees nie, hetsy deur julle duur gebede en nog minder deur julle amulette, wat julle by die siekes adverteer en vir duur geld aan hulle verkoop! {mt.12,24*; mk.03,22; lk.11,15; jl.ev01.184,02}

11. Hy het die gees van God in sy liggaam; want Hy het dit deur die een daad meer as genoeg bewys; maar julle het glad geen gees in julle nie, behalwe die’ van hoogmoed, heb- en selfsugtigheid!

12. Julle wil na God die eerstes wees en verlang ‘n goddelike verering van ons mense; maar ons sê vir julle, dat julle vir ons die laastes is en honderd keer erger is as alle heidene! Want julle doen niks wat ons help nie; julle werk nie, en hulle wat by julle skool gaan, word na die verloop van ‘n paar jaar so dom en duister, dat geen engel sonder ‘n besondere mag en krag van God vir hulle meer kan regkry nie! En dit bly nog die beste ding van al julle bemoeienis vir ons welsyn!

13. Die Jode, wat julle geloofsgenote is, se vrouens verlei julle honderdvoudig tot egbreuk, en met hulle dogters dryf julle ontug; maar dit is nog niks nie! Wanneer ‘n ander arme drommel hom sou vergaan, dan word hy gestenig indien hy arm is; maar as hy ryk is en aansien het, dan kan hy hom loskoop en bly nog boonop julle vriend!

14. Die Jode, julle genote, ken vir julle natuurlik nie so goed soos ons Grieke nie, en as hulle dan vir julle ken, dan mag hulle niks praat nie. Maar ons ken vir julle en mag praat; daarom sê ons dit ook vir julle by hierdie geskikte geleentheid, wat ons as ten volle grondig waar van julle hou!

15. Gaan nou vinnig huis toe, andersins kom daar ‘n storm van Griekse vuiste oor julle! Maar ons sal hier waak hou; moet dit net nie waag, om hierdie mens op enige manier aan te tas nie, andersins sal julle dit met ons te doen kry!

16. Ons was wel sulke Jode en is nou bly, om Grieke te wees; maar alhoewel ons Grieke volgens die naam en die polisie is, bly ons in die hart nogtans ware Jode, - maar natuurlik nie soos julle nie, wat julle God vererende gebede vir Geld verkoop en aan hulle die mees leuenagtige uitwerking toeskryf!

17. Ons bid self na God, omdat Hy God is en ons as Sy skepsels dit aan Hom verskuldig is, dat ons Hom aanbid. Gee dus pad van hier af, want julle nabyheid is vir ons meer walglik as die’ van ‘n stinkende stukkie karkas!”

18. Op grond van hierdie ondubbelsinnige uitroep van die volk, waarvan die helfte uit Grieke bestaan het, wat hier woonagtig was, kies die fariseërs so vinnig as moontlik die hasepad, en die volk jubel oor sodanige oorwinning, en dat hulle vir hierdie dagdiewe, soos hulle gewoonlik die fariseërs genoem het, vir ‘n slag die naakte waarheid onder hulle snuffelneuse kon vryf.

Hoofstuk 179 Mobiele weergawe Kommentaar