Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 193 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 193

1. Maar ons het in ‘n heel ander rigting vanaf Jesaira vertrek, en dit moes weer gebeur het, dat ook ons in die middel van die meer deur ‘n storm oorval moes word, by watter geleentheid weereens al My dissipels met almal wat saam op die skip was, baie angstig geword het, soos dit vroeër reeds die geval was, en van angs en vrees begin het om te skree, dat Ek vir hulle moet help, andersins alles ten gronde sou gaan!

2. En Ek het, soos vantevore, vir die winde en die meer gebied, waarop oombliklik ‘n groot wind- en meerstilte ingetree het en al die volk op die skip gesê het: “Wie is hy, dat wind en meer aan hom gehoorsaam is?!”

3. Maar Ahab wat nie met hierdie vraag saamgestem het nie, het vir die dissipels en sommige van die ander gesê: “Vriende, dit was weer ‘n baie ontydige en dom vraag en verwondering! Julle is tog reeds lankal by Hom en is nog steeds so verbaas, asof dit die eerste teken is wat julle sien wat plaasvind! Ek is nog nie langer as ‘n volle dag onder julle nie, en vir my is alles so begryplik, soos wat enigiets vir ‘n mens net begryplik kan wees! As dit Hy is, naamlik die groot beloofde Messias, wat volgens David niks en meer en niks minder as Jehova self is nie, werksaam deur vlees en bloed, dan sal dit tog maklik vir Hom wees, om ‘n seestorm te laat bedaar, aangesien dit tog vir Hom nie besonders moeilik was, om die hele aarde te skep nie! Maar as dit onweerlegbaar die geval is, hoe kom dan sodanige vraag en sodanige verwondering uit julle harte?!”

4. Sê Judas, ietwat omgekrap oor die opmerking van Ahab: “Vriend, is daar dan niks meer waaroor ons moet wonder nie, van dit wat die Here voor ons oë doen, omdat ons dit en baie ander dinge van Hom gesien het?”

5. Sê Ahab: “Broeder, by verre nie so nie! Maar ek bedoel dit net so: Ons moet ons wel verwonder maar in alle nederigheid in die hart, dat Hy sulke dinge voor ons oë verrig, en vir ons as nie juis baie waardige skepsels van Sy liefde, wysheid en mag, as sodanig waardig beskou, dat Hy juis sulke dade voor ons oë en ons sintuie verrig! Ek ten minste beskou vir my as die allergeringste nie waardig nie! Maar indien ons weet, wie Hy is, en verwonder ons dan, indien Hy wat hemel en aarde gemaak het, ‘n buitengewone daad verrig het, presies so, asof dit deur ‘n mens tot stand gebring is, dan beskou ons Hom ten slotte as niks meer as net ‘n uitsonderlike mens nie! En daarom is ek van mening, dat ‘n verwondering, soos dit na die skielike stilmaak van die storm deur julle aan die Here geopenbaar is, nie van pas was nie!

6. Sou dit dan nie belaglik wees, om net so verwonderd te raak oor die son, die maan, oor al die sterre, oor die aarde en oor alle wonderbaarlik ingerigte en gevormde skepsels nie, wat tog net so Sy werke is soos die buitengewone stilmaak van hierdie sterk seestorm?! Indien ons dan verwonderd wil wees, dan wonder ons alleenlik net daaroor, dat die almagtige God Jehova, die Onuitspreeklike, van Sy ewig onmeetbare hoogte so oneindig laag gedaal het, om na ons sterflike, uiters swak mense te kom, dat dit byna nie geglo kan word nie, indien dit nie sedert Adam, Henoch en deur al die profete voorspel sou wees nie.

7. Dat dit alles gebeur het, soos honderde profete dit met een stem voorspel het, is vir my die grootste wonder! Dit, wat nou gebeur, is niks anders as ‘n heel natuurlike gevolg van die eerste, mees wonderbaarlike verskyning op hierdie aarde, naamlik: die geprofeteerde verskyning van Jehova in vlees en bloed!”

8. Sê selfs die twaalf apostels vir My: “Here, waar kry hy sodanige woorde en sodanig duidelike wysheid vandaan?”

9. Sê Ek: “Sy vlees en bloed gee dit nie vir hom nie, maar sy gees, wat by hom baie wakker is, sodanig dat tot die volle wedergeboorte van die gees hy nie meer baie nodig het nie! Maar dit is vir julle waarlik geen besondere eer nie, dat hy ‘n leermeester vir julle is, pleks daarvan dat julle dit vir hom moet wees; maar hy is vir julle baie vooruit, omdat hy die skrif baie goed ken, en Ek het hom lief, net soos wat Ek julle lief het; want daar is baie nederigheid in sy hart!”

Hoofstuk 193 Mobiele weergawe Kommentaar