Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 194 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Sê Ek: “Julle moes eintlik by hierdie tyd met die woorde van die gees meer vertroud gewees het! Wil Ek dan Nasaret toe gaan, indien Ek sê dat ons regstreeks huiswaarts sal trek?! Begryp dit dan tog eenmaal! As Ek van huiswaarts-trek praat, dan bedoel Ek die innerlike van die mens, wat daar is die ware versamelplek van die lewe, die krag, die mag en alle wysheid. Laat ons dus daarheen gaan! Ons het die innerlike geestelike rus nodig, en dit is die regte heimat; in haar - nie ter wille van My nie, maar ter wille van julle - sal ons dit vind, wat ons as uiterlike vlees- en bloedmense veral nodig het! Verstaan julle dit?” – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1, Hoofstuk 194, Paragraaf 2

Hoofstuk 194 Mobiele weergawe Kommentaar