Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 195 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

6. Jy, My broer Kisjonah, bring vir hulle verversings en maak gebruik van die dienaar van die twee vriende uit Sichar; want hy is nie moeg nie, en hy sal vir jou vinnige en goeie diens lewer en is reeds so goed met jou huis bekend, asof hy reeds vir baie jare as eerste kneg by jou in diens was. Daarom moet jy sonder om te skroom van hom gebruik maak en laat jou moeë mense ook ‘n bietjie rus; die dag gaan wel na sy einde toe, maar dit sal jou huishouding geensins beperk nie, indien die moeë knegte vandag ‘n bietjie vroeër tot rus gaan as gewoonlik; want daardie dienaar sal vir hulle almal instaan.”

7. Sê Kisjonah: “Here, dat vir Jou alle dinge moontlik is, daarvan is ek mees lewendig oortuig en stem daar heeltemal ooreen met die mening en geloof van ons jong fariseër Ahab; maar hoe daardie mees tere eerder knaap as jongeling al die baie werk kan verrig en ons almal, naby aan die honderd in getal, kan bedien, dit Here, ek twyfel nie in die geringste daaraan nie - bly egter vir my ‘n bietjie te raaiselagtig!”

8. Sê Ek: “Vriend, jy het te min melk, kaas en botter by die huis; maar op jou berge is daar ‘n groot voorraad. Laat eers deur hierdie knaap al jou voorraad van die berge haal; dit is beter as jy die voorraad hier het as wat dit op die berge is, wat vannag deur ‘n horde wilde vreemdelinge besoek sal word, om te kyk of daar ‘n roof uitgevoer kan word.”

9. Sê Kisjonah: “A, nou kom daar by my ‘n liggie op! Daardie knaap sal sekerlik ook een van hulle wees, wat vir ons op die berg bedien het?” Sê Ek: “Nou ja, moet nie lank vra en raai nie, andersins sal dit te laat wees!”

10. Kisjonah gaan nou vinnig na die jongeling en lig hom met alle vriendelikheid oor sy opdragte in. Sê die jongeling: “Wees jy liewe vriend van my Here en God heeltemal gerus; binne ‘n paar oomblikke sal alles in die beste orde wees, want by my is hier en daar en orals een en dieselfde, en onder my voete se beheer, al is ek een van die swakstes, sal nogtans die hele aarde bewe!”

11. Oor sodanige woorde was Kisjonah oorweldigend verbaas en kon vir hom oor die moontlikheid daarvan geen begrip vorm nie en het van al die verwondering skaars agtergekom, dat die jongeling by die laaste woorde die kamer verlaat het, om sy opdrag uit te voer.

12. Maar Kisjonah was met sy verwondering nog lank nie kla nie en wou nog vir My vra, hoe so iets tog moontlik kon wees, toe het die jongeling vars voor hom gestaan en met ‘n glimlag gesê: “Nou, jy dink nog daaroor hoe so iets moontlik kon wees, en sien, ek is reeds met alles klaar! Wat selfs jou skrywers, aangesien dit vandag ‘n sterk verkoopsdag was, ten spyte van al hulle fluksheid nie kon vermag om dit na die rekeningboeke oor te dra nie, het ek vir hulle vinnig gehelp - sodanig dat hulle nou heeltemal vry en werkloos is!”

13. Kisjonah, heeltemal oorbluf, weet glad nie, hoe hy oor hierdie storie moet voel nie, en sê vol van verbasing: “Maar liefste, hoe is dit moontlik?! Jy het dan skaars die kamer verlaat en sou reeds meer gedoen het, as al my mense dit by al hulle fluksheid nie in ‘n week kan vermag nie? Dit is dan tog ‘n bietjie ongelooflik vir my! Jy moes dan duisend hande en die spoed van weerlig besit?!”

14. Sê die jongeling: “Nou, gaan dan na buite en oortuig jouself van alles!”

Hoofstuk 195 Mobiele weergawe Kommentaar