Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 197 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 197

1. Terwyl Ek nog skaars klaar gepraat het, was die jongeling reeds met die vrouens daar, en ons het aan tafel gaan sit en met ‘n vrolike gemoed die aandete ingeneem. Maar na die maaltyd het Ek vir almal gesê: “Luister, aangesien dit vandag ‘n skoon sterrehelder nag is, sal ons nie onmiddelik gaan rus nie, maar eers onder die oop hemel op die gras gaan sit; want Ek wil vandag nog vir julle ‘n paar dinge vertel en wys!”

2. Almal het hierdie voorstel verwelkom, en ons het van die tafels af opgestaan en het na buite gegaan, naamlik na die heuwel wat by die twintig vame hoog was en wat net buite die groot tuin ongeveer dertig treë vanaf die meer ‘n sagte helling gehad het. Kisjonah het natuurlik die opmerking gemaak, dat daardie heuwel wel ‘n baie mooi uitsig oor die hele meer bied, maar die onaangename eienskap besit, dat dit deur ‘n massa van slange en adders, waarskynlik as gevolg van die nabyheid van die meer, bewoon word. Hy het wel alles al probeer om die gespuis te verdryf, maar dit het nog nooit iets gehelp nie!

3. Sê Ek: “Moet jou nie bekommer nie! Die heuwel sal van nou af nie meer vir die gespuis as ‘n woonplek dien nie; daarvan kan jy ten volle verseker wees!”

4. Sê Kisjonah: “Indien so, waaraan ek ook nie in die geringste twyfel nie, dank ek vir Jou uit die diepste grond van my hart vir die wonderbaarlike bevryding van hierdie euwel, en tweedens sal op hierdie heuwel ter gedagtenis aan Jou ‘n regte skool gebou word, wat bestem is vir die onderrig aan groot en klein en jonk en oud van Jou mees rein lering!”

5. Sê Ek: “Sodanige skool kan, indien sy by die grond van alle gronde bly, altyd van My seën verseker wees. Maar ongelukkig, soos die wêreld alles bederf, sal sy mettertyd ook hierdie skool, sowel as My reinste lering nie spaar nie, en sodoende bestaan daar op hierdie wêreld niks, wat daar van enige permanensie sou wees nie! Want die hele wêreld lê nou in die bose en is deur die Satan besny! Maar laat ons nou na die heuwel toe gaan!” Ek en Kisjonah loop vooruit, en alle dissipels en die dienaars van Kisjonah volg vir ons op die voet.

6. Maar toe ons by die heuwel kom, sien Kisjonah hoe ‘n groot adder op die heuwel kruip, en kort daarna sien hy nog ander en sê vir My: “Here, ek het dan tog te min geglo, aangesien hierdie gespuis nog nie padgegee het nie?”

7. Sê Ek: “Dit gebeur so, dat jy die Seun van God se heerlikheid in groot volheid moet aanskou en moet erken! Gee dus nou mooi aandag! Ek sal nou vir hierdie diere gebied, om hierdie oord vir alle tye van die tye te verlaat, en, vir solank ‘n afstammeling van jou hierdie tuin en heuwel sal bewoon, nie meer hier sal intrek nie; en jy sal sien, hoe ook hierdie stompsinnige ongediertes aan My stem gehoorsaam moet wees!”

8. Ek het nou na die berg gedraai en het vir die ongediertes gedreig. Hulle het ter duisende soos pyle uit hulle gate geskiet en die meer in gevlug; en sodoende was die berg vir altyd van hierdie gespuis gereinig, en van daar af was daar ook nie meer die kleinste wurm op hierdie heuwel gesien nie.

9. Ons het dan ongesteurd op die heuwel geklim en omdat die gras van die dou reeds ‘n bietjie nat geword het, het Kisjonah vinnig ‘n groot aantal tapyte laat kom wat byna die hele heuwel bedek het, waarby die jongeling weer vir hom ‘n gepasde vinnige diens gelewer het. Ons het nou op die sagte tapyte wat die heuwel bedek het, gaan sit.

10. Hulle wat ten spyte van hulle dinkery en bepeinsing met die gelykenis van die onkruid op die akker nie kon klaar kom nie, het op die heuwel na My toe gekom en het vir My gevra, dat Ek vir hulle die gelykenis van die saaier, wat goeie saad gesaai het en daarna in die middel van sy koring onkruid op sy rein akker gevind het, moet uitlê en beter verduidelik. {mt.13,36*}

11. Maar Ek het vir hulle gesê: “Het julle nie gehoor wat Kisjonah op hier heuwel vir My as nagedagtenis wil oprig nie, en wat Ek vir hom gesê het, hoe dit met sulke inrigtings van die kant van die wêreld sal gaan nie? Sien, dit het betrekking op die goeie akker, wat met rein koring besaai was en later nogtans ‘n groot hoeveelheid onkruid onder die koring laat opskiet het! Sien, dit is wat die gelykenis sê:

12. Of soos daar sê die Jode, dit is die Menseseun wat nou die goeie saad saai. {mt.13,37} Die akker is die wêreld; die goeie saad is die kinders van die ryk; maar die onkruid is die kinders van die boosheid. {1 kor.03,09; joh.08,44; jl.ev01.197,12b} Die vyand wat hulle saai is die duiwel; die oes is die einde van die wêreld, en die snyers is die engele! {offb.14,15; jl.ev01.197,12c} En om dit in bondels saam te bind om dit te verbrand, so sal dit ook aan die einde van die wêreld gebeur! {mt.13,40}

13. En hulle sal in Sy ryk alle ergernisse en alle mense bymekaar maak wat onreg doen en vir die nood van hulle broeders hetsy oë, nóg ore en nog minder ‘n hart het, en sal hulle in die vuuroonde gooi, waar daar ‘n geskreeu en ‘n gekners van tande sal wees. Maar die vuuroond sal die kinders van boosheid se eie hart wees - waaronder verstaan moet word hoogmoed, selfsug, heerssug, hardhartigheid, ongeërgdheid teenoor die woord van God, suinigheid, jaloesie, afguns, leuens, bedrog, woordbreuk, ontug en hoerery, egbreuk, valse getuienis, bose skindery, en alles wat daar teen die gebod van die naasteliefde is! {mt.13,41; mt.24,31; mt.13,42}

14. Want soos in die harte van die regverdiges hulle hemel in alle heerlikheid sal blom, sal uit die hart van die onregverdige dit opgroei, wat hulle daarin het; ‘n bose saad sal vir ewig nooit enige goeie vrugte ten voorskyn bring nie!

15. ‘n Harde hart sal geen sagte vrug oplewer nie, en ‘n hart wat woordbreuk doen sal nie kan konsolideer nie, en die toorn sal die vuur wees, wat nie sal doodgaan nie! Daarom bewaar julle van alles dit en word in alles regverdig volgens die wet van die liefde!” {offb.20,14; offb.19,20}

Hoofstuk 197 Mobiele weergawe Kommentaar