Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 201 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 201

1. Sê Ek: “Vriende, Ek het wel geweet, dat dit binnekort so sal kom, sodat die Satan sy werk sal volmaak; maar hulle wat na die heidene gevlug het, sou ook hier in Galilea ‘n heenkome gevind het, en hulle wat My naam gevloek het, omdat hulle nie hulle aardse besitting wou verloor nie, sou beter gedoen het, om hulleself van die wêreld los te maak, as om onder die vloek van My naam hulle besitting te verseker, waaraan die ewige dood kleef. Want elke mens sal tog eendag alles moet verlaat.

2. Hoe moeilik sal dit vir hom, wat baie het, wees, om hom eendag daarvan los te maak, en hoe maklik sal diegene van hierdie wêreld skei, wat uit haar giftige skoot geen goedere besit het nie, en boonop nog orals ter wille van My naam vervolging gelei het! Hy verag die wêreld, en hy sal nie oor haar jammer wees nie, wanneer hy met ‘n helder sig na die hemelryk gaan en hierdie donker pestilensiewêreld sal verlaat.

3. Sien, soos goud eers in die vuur veredel en eers daarin sy hoë waarde bereik, net so moet dit ook by julle almal die geval wees, wat waaragtig My dissipels en navolgers wil wees; want My ryk, waarvoor ons almal nou werk, is mos nie van hierdie wêreld nie, maar van daardie groot geestelike wêreld, wat op hierdie aardse, materiële, kort toetslewe as ewig onverganklik volg!

4. En daarom gee Ek ook vir julle vir hierdie wêreld geen vrede nie, maar die swaard; want deur die geveg met die wêreld en met alles wat dit vir julle bied, moet julle vir die ewige vryheid van die lewe veg!

5. Want My ryk lei geweld, en diegene wat dit nie met geweld gryp nie, sal dit nie inneem nie.

6. Dit is natuurlik baie maklik, om op ‘n afgekampte vreedsame plek en deur sy aardse lewe op die beste manier versorg te wees, ‘n dissipels van My te wees, wat die lammers deugdes leer en hulle rein water gee om te drink; waarlik, dit verg nie baie nie! Maar dit is iets heel anders om leeus, tiers en panters te tem en om hulle in nuttige diere te omskep! Daarvoor het ‘n mens natuurlik baie meer verstandigheid, moed, krag en uithouvermoë nodig as om net lammers te tem!

7. Daarom moet julle die gebeure in Sichar ook in die’ lig beskou en neem, hoe dit is, en moet daarmee ‘n natuurlike geveg aangaan, waarby Ek vir julle wel sal ondersteun; maar indien julle so vinnig oor die blindheid en boosheid van die mens tot oor die ore toe in ergernis en toorn sink en oor sodanige oortreders niks as net ‘n verterende vuur van die hemel roep, dan kan dit onmoontlik anders gaan, as wat dit met julle gegaan het!

8. In sulke gevalle mag My engele nie vir julle bystaan nie, aangesien sodanige diens regstreeks teen My ewige orde gekant sou wees.

9. Maar as julle as oorwinnaars vir My ryk wil veg, dan maak van die rein waarheid ‘n skerp swaard; maar dit moet uit die suiwerste, mees onselfsugtige liefde vervaardig word! Veg dan moedig met sodanige swaard en moet nie bang wees vir hulle, wat in die uiterste geval julle liggaam kan doodmaak, maar verder niks aan julle kan doen nie!

10. Maar indien julle dan bang is, wees bang vir Hom, wat ‘n ware Heer oor lewe en dood is en die siel van die mens kan verwerp of kan aanneem.

11. Wie ook al gedurende die regte geveg vir My sy lewe inboet, die sal dit in My ryk in volle maat terugkry; maar wie probeer om sy lewe te behou terwyl hy vir My veg, is ‘n lafaard, en die ewige lewe se oorwinningskroon sal nie sy aandeel word nie! Watter verdienstelikheid is daar vir hom, wat met muggies veg en vlieë doodslaan? Ek sê vir julle: Sodanige held is dit nie werd dat daar op hom geürineer word nie!

12. A, dit is heel iets anders, om deeglik gepantser en met ‘n skerp swaard in die hand tussen ‘n trop leeus en tiers te beweeg! Nadat hy die trop oorwin het en as oorwinnaar huis toe kom, dan word daar vir hom ereboë opgerig, en ‘n groot beloning vir sy heldedaad sal nie van hom weerhou word nie!

13. Gaan dus weer huis toe en veg volgens die’ manier, soos wat Ek dit nou vir julle gewys het, en die regte oorwinning sal nie onder weë bly nie!

14. Hoe erg die Satan hierdie aarde skade toevoeg, weet Ek wel die allerbeste, en Ek sou voldoende mag hê, om hom ten volle te vernietig; maar My groot liefde en geduld sal so iets nooit toelaat nie.

15. Want wie dink dat hy sy vyand net daardeur oorwin het, deurdat hy hom vernietig het, is ‘n lafaard van ‘n vegter! Want dit is nie sy moed nie, maar net sy groot vrees wat die gevreesde vyand van sy nek af weggehou het.

16. Wie ‘n regte held wil wees, die mag die vyand nie vernietig nie, maar moet alle moeite doen, om die vyand met alle verstandigheid, geduld, liefde en wysheid in die hart te oorwin; dan eers kan hy homself roem, dat hy ‘n ware oorwinning oor sy vyand behaal het, en die vyand wat hy oorwin het, sal dan sy grootste beloning wees.”

Hoofstuk 201 Mobiele weergawe Kommentaar