Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 209 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

6. Sê Ek: “Ja, ja, dit is seker, maar op die aarde woon daar nog baie ander mense en volkere vir wie die evangelie net so nodig is as vir julle, en hulle is deur die Vader geskep, wat ook julle geskep het! Ten spyte van alle vervolging moet ons ook by hulle uitkom en vir hulle die goeie boodskap uit die hemel gee! Hulle sal wel ook vir ons vervolg; maar mettertyd nogtans vir hulle bekeer en as lammers by ons skaapkraal inkom! {mt.24,14; mt.28,19; mk.13,10; mk.16,15; rÖm.10,18; jl.ev07.167,02*; jl.ev08.125,18; jl.ev01.209,06}

7. Ons is goed en die wêreld is boos; dus kan ons van haar ook niks goeds verwag nie - behalwe hier en daar ‘n soet aarbei tussen die oorgroot hoeveelheid onkruid! Maar kyk net, die storm gaan lê, en alle gevaar is vir eers verby!

8. (Vir Baram:) Vriend, die storm gaan lê; die middag is met die storm verby, en derhalwe wil ons die middagete inneem, sodat ons vir die werk van die namiddag voldoende kragte het.”

9. Dit sal nie nodig wees om die middagete van nader te beskryf nie sowel as om die uitwerking van die voorafgaande groot storm, veral ten opsigte van die tien skepe, nog van nader te belig nie; dit is voldoende om te weet, dat van die duisend mense wat op die skepe was, net vyf met die lewe weggekom het; al die ander het ‘n buit van die meer geword, en op die rotse van Sibarah kon daar ‘n jaar later nog beendere wat deur die visse afgeknaag is en ‘n massa van allerlei Romeinse wapens en kettings, wat vir My en My dissipels bestem was, gevind word.

10. Dat sodanige storm op die fariseërs sowel as die Romeine, besonders in Kapernaum en Nasaret ‘n baie vernederende uitwerking gehad het, hoef nie nader beskryf te word nie; en vir ‘n paar weke het Ek saam met hulle wat by My was, vrede gehad.

11. Na middagete het ons op hierdie dag nie meer veel gedoen nie, en die dissipels het saam met Kisjonah se vissers op die meer uitgegaan en het tot teen die aand vyf ryk trekke van die voortreflikste visse gemaak wat in hierdie meer voorgekom het, en het hulle in die vishouers van Kisjonah gestoor, waaroor hy baie bly was en vir die aand was daar onmiddelik honderd visse met allerlei speserye en allerlei goeie kruie op die beste manier gaar gemaak. En so was die dag beëindig en na aandete was daar gerus, wat vir almal noodsaaklik was.

Hoofstuk 209 Mobiele weergawe Kommentaar