Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 210 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 210

1. Op die volgende dag het ons ‘n sogenaamde uitstappie na ‘n vallei onderneem, wat tussen twee bergreekse in die rigting van Samaria gestrek het, en waardeur ook ‘n hoofstraat na Damaskus gelei het en van daar af verder na alle kleiner en groter oorde van Middelasië, wat ook die rede was dat die tolhek van Kisjonah naby die plekkie Kis, een van die mees winsgewendste tolhekke in die hele Galilea was.

2. In hierdie vallei het natuurlik ‘n groot aantal kleiner dorpies voorgekom, wat hoofsaaklik as gevolg van die handel deur talryke Jode en Grieke bewoon was. Naaste aan kis in die vallei af was daar ‘n plekkie wat ook die naam Kana gehad het, waarom daar by Kana in die nabyheid van Nasaret as onderskeid die byvoegsel “in Galilea” gemaak was, indien daar na Kana by Nasaret verwys is; maar as daar net “Kana” gesê was, was daarmee die bogenoemde tweede Kana in die vallei wat reeds tot die gebied van Samaria behoort het, bedoel, waarom daar by Kis, die grensdorpie tussen Galilea en Samaria die groot grenstolhek gestaan het.

3. Hierdie Kana was hoofsaaklik deur Grieke bewoon, sodanig dat vir elke Joodse familie vyf Griekse families daar gevestig was; die Jode het hoofsaaklik van landbou- en veeboerdery gelewe, terwyl die Grieke net met die handel bedrywig was.

4. Ons het dus by hierdie Kana besoek afgelê, vernaam by die Jode wat daar gewoon het, wat soms deur die slimmer en listige Grieke nie selde skreiend verneuk is en die Jode as die eienaars van die grond en bodem moes heeltemal alleen alle belastings en heffings dra en het derhalwe nie selde nie uit smart en bedroefdheid in allerlei siektes en agteruitgang beland.

5. Toe ons in Kana aangekom het, en die Jode sowel as die Grieke van Kisjonah, vir wie almal geken het, vir hom gewaar het, het hulle na hom toe gehardloop, het hom gegroet en het vir hom om uitstel gevra; want die Jode sowel as die Grieke het hom ‘n aansienlike som geld geskuld.

6. Maar Kisjonah het gesê: “As ek iets van julle wou invorder, dan sou ek nie nodig gehad het om self hierheen te kom nie, want ek sou my dienaars na julle toe gestuur het; maar ek het gekom, om vir julle ‘n groot troos te bring, daardeur dat ek aan julle hiermee openlik verklaar: Julle skuld aan My is tot in oorvloed betaal; want my en julle almal se Here het dit betaal en het vir my ten volle tevrede gestel, en julle kan dus nou sonder enige verdere sorge vol blydskap wees.”

7. Toe die bewoners van Kana dit verneem het, het hulle van oorgroot vreugde in Kisjonah gedring om tog vir hulle te sê, wie en waar sodanige Here is, wat vir hulle sodanige groot weldaad en genade betoon het, sodat hulle na hom toe kan gaan en vir hom eer en dank kan betuig!

8. Kisjonah sê deur sy hand op My skouer te plaas: “Dit is Hy, voor Hom moet julle julle knieë buig!”

9. Toe die bewoners van Kana dit verneem, val hulle almal voor My op hulle knieë en aangesigte neer en roep: “Heil vir jou, die vir ons nog heeltemal onbekende weldoener! Wat is daar wat goed is en watter vriendelikheid het ons ooit teenoor jou betoon, dat jy teenoor ons groot ellende so barmhartig is?! En aangesien jy as nog heeltemal onbekende Heer en weldoener vir ons sodanige nog nie gehoorde groot genade betoon het, vertel tog vir ons, wat ons vir sodanige genade vir jou moet doen, sodat ons teenoor jou goedheid net ‘n bietjie meer waardig kan vertoon, as wat ons dit as totale vreemdelinge teenoor jou is!”

10. Sê Ek: “Wees van nou af in alle dinge regverdig; wees lief vir God bo alles en vir julle medemense, wat almal julle naastes is, hetsy vriend of vyand, soos julleself; doen aan hulle goed, wat kwaad aan julle doen; seën vir hulle, wat vir julle vloek en bid vir diegene wat julle vervolg, dan sal julle as kinders van die Allerhoogste opgeneem word, en daarin sal ook die enigste ware dank aan My vir alles wat Ek aan julle gedoen het, bestaan. Dit is al wat Ek van julle verwag!”

11. Sê die Grieke: “Heer en Vriend! Ons het baie gode! Watter een van die baie moet ons bo alles liefhê? Vir Zeus, of Apollo, of Merkur of enige een van die ander twaalf hoofgode? Of moet ons die God van die Jode so liefhê? Maar dit lyk of die God van die Jode niks anders as ons Kronos is; hoe kan ons daardie fabelagtige God bo alles liefhê?!”

12. Sê Ek: “Die gode wat deur die Grieke vereer word, is niks anders as ydel versinsels, wat uit die materie deur mensehande vervaardig is; julle kan vir hulle vir duisende jare smeek, aanbid, vereer en meer as julle lewe liefhê, en hulle sal vir julle nogtans nie aanhoor nie en ook nie vir julle iets goeds kan doen nie, op grond van die eenvoudige rede, omdat hulle in die lewendige werklikheid niks is en nêrens bestaan nie.

13. Maar die God van die Jode, wat egter deur die meeste mense ook nie meer volgens die volle waarheid erken word nie, wat in plek van die gees en die waarheid van die hart, wat in die grond van gronde in werklikheid die ware liefde is, net deur middel van die mees vuil en leë, dooie seremonies aanbid en vereer word, is nogtans die alleen ware, ewige God, wat op ‘n tyd hierdie aarde met alles wat daarop, daarin en onder haar is, leef en weef, uit Homself geskep het!

14. Maar Ek is Sy gesant van ewigheid en het nou na julle toe gekom, om vir julle en julle kinders hierdie evangelie te verkondig!

15. Daardie God moet julle dus bo alles liefhê en Sy gebooie nakom, wat kortliks daaruit bestaan, dat julle, soos Ek reeds vroeër vir julle gesê het, vir Hom bo alles moet liefhê en julle naaste soos julleself!

16. Daarbenewens moet julle ook glo, dat juis daardie God, wat My Vader, dus My liefde van ewigheid af is, vir My na hierdie wêreld toe gestuur het, sodat elkeen, wat aan My glo, die ewige lewe in hom sal hê en om sodoende ‘n kind van die Allerhoogste te word!

17. Sodat julle almal makliker kan glo, bring julle siekes, en Ek sal hulle almal gesond maak, ongeag watter siekte hulle ook al mag hê! Daarom gaan en bring hulle almal hiernatoe!”

18. Na hierdie My woorde was hulle verbaas en het soos met een stem uitgeroep: “Hierdie dorp het ‘n groot heil oorgekom! Hoe magtig en wonderbaarlik klink tog die heilig-ware woorde van daardie ons grootste Weldoener! Waarlik, in sodanige vriendelikheid en goedheid woon geen slinksheid nie, geen valsheid en geen agterbaksheid nie; daarom wil ons ook alles sonder bedenking doen, wat hy van ons verwag! Want wie ‘n vriend van ons was nog voordat hy vir ons gesien het, die’ sal dit nou des te meer wees, nadat hy met ons in ons groot nood gepraat en vir ons gesien het! Loof die God van Abraham, Isak en Jakob, omdat Hy aan ons gedink het en barmhartig teenoor ons is!”

19. Op grond van hierdie goeie woorde begewe almal vir hulle na hulle huise en bring in alle haas by tweehonderd siek mens na My toe.

Hoofstuk 210 Mobiele weergawe Kommentaar