Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 68 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 68

1. Maar die Romeinse militêre afvaardiging het nou by ons aangekom, en hulle aanvoerder het aan My ‘n versoekskrif van die kant van die opperbevelvoerder en kommandant van hierdie fort oorhandig, waarin hy vir My ter wille van die heil van alle mense vra, om van die voorval geen notisie te neem nie en die geselskap sodanig te beïnvloed, dat hulle dit vir niemand moet vertel, wat daar voorgeval het nie, aangesien dit vir hom skade sou berokken en niemand enige voordeel daaruit sou trek nie! Maar dit sal vir almal meer van nut as nadelig wees, as hulle van hom as die opperbevelvoerder van Rome eerder ‘n vriend as ‘n vyand sal maak! Ook Jairuth moet swyg, en hy sal die versekering kry, dat hy in die toekoms vrede in sy huis sal hê. Dan vra hy nog vir My, dat Ek vir hom in sy residensie moet kom besoek; want hy sou graag met My geheime en belangrike dinge wil bespreek!

2. Ek sê vir die draer van die skrywe: “Sê vir jou bevelvoerder, dat dit sal gebeur, waarvoor hy gevra het. Maar Ek sal nie na sy residensie toe gaan nie; maar as hy met My geheime en belangrike dinge wil kom bespreek, dan moet hy by die toegangshek van hierdie vlek op My wag.”

3. Na sodanige My woorde gaan die afgevaardigde met sy begeleiding terug en dra alles, wat hy van My verneem het, aan sy bevelvoerder oor, en die gaan onmiddelik met sy mees uitverkose onderbevelvoerders na die hek van die vlek en wag daar vir My.

4. Maar Jairuth vra vir My, of ‘n mens hierdie uitnodiging kan vertrou; want hy ken die groot slinksheid van hierdie opperbevelvoerder, wat ‘n opperste leier is. Hy het al baie mense op hierdie manier na die ander wêreld gestuur!

5. Sê Ek: “Liewe vriend, Ek ken hom ook, soos wat hy was en soos wat hy nou is. Die jongelinge het by hom ‘n onvernietigbare respek afgedwing; hy beskou vir hulle as genieë en vir My as ‘n seun van die God Jupiter en wil nou van My weet, wat die saak behels. Maar Ek weet, wat Ek vir hom sal antwoord!”

6. Jairuth was daarmee tevrede, en ons kom by die hek aan, waar die opperste met sy offisiere op ons wag. Hy kom onmiddelik na vore, groet vir My vriendelik en wil onmiddelik vir My oor sy aangeleenthede uitvra.

7. Maar Ek spring vir hom voor en sê vir hom: “Vriend! My dienaars is nie genieë nie en Ek beslis nie ‘n seun van jou Zeus nie! En nou weet jy alles, wat jy vir jou voorgeneem het, om vir My te vra.”

8. Die opperste is geweldig verbaas daaroor, dat Ek dit onmiddelik vir hom vertel het, wat hy net in homself gedink het, maar niemand daarvan in kennis geplaas het nie.

9. Toe hy vir ‘n rukkie so staan en wonder, vra hy vir My nog ‘n keer en sê: “As jy dit nie is nie, dan sê vir my, wie en wat jy en jou dienaars dan in werklikheid is! In elk geval moet julle meer wees as net gewone alledaagse mense, en dit sou vir my aangenaam wees, om vir julle die nodige eer te betoon.”

10. Sê Ek: “Elke mens, wat redelik en eerlik vra, is ook ‘n gelykwaardige antwoord werd. Jy het nou vir my eerlik en redelik gevra en sal derhalwe ook ‘n gelykwaardige antwoord ontvang, en dus luister dan: Eerstens is Ek dit, wat voor jou staan, naamlik ‘n mens! Daar bestaan nou wel baie op aarde, wat so lyk soos Ek; maar hulle is derhalwe nog nie mense nie, maar net menslarwes. Maar hoe meer ‘n ware mens voleindig is, des te meer mag en krag is daar in sy erkenning en werksame wil geleë!”

11. Sê die opperste: “kan elke mens so volmaak word soos jy?”

12. Sê Ek: “O ja, as hy vir sy voleindiging doen, wat Ek vir hom leer!”

13. Vra die opperste: “Laat ons dus jou lering verneem, en ek wil daarvolgens doen en lewe!”

14. Sê Ek: “Ek sou wel vir jou die lering kon gee; maar dit sou weinig vir jou beteken, as jy nie daarvolgens sou lewe nie. Want vir solank jy dit is, waarvoor jy deur Rome hier aangestel is, kan My lering van weinig nut vir jou wees, - jy moes dan alles verlaat en vir My volg, andersins dit onmoontlik vir jou sou wees, om volgens My lering te lewe!”

15. Sê die opperste: “Ja, dit sou baie moeilik gaan! Maar desnieteenstaande kon jy tog vir my mos ‘n paar hoofgrondtrekke van jou lering verduidelik!? Want ek besit reeds sommige kennis oor verskeie dinge en het ‘n goeie begrip daarvan; waarom sou ek nie ook van jou leringe enige kennis kon opdoen nie? Dalk kan ek dit tog op ‘n manier tot uitvoering bring!?”

16. Sê Ek: “My vriend, maar as My lering juis daaruit bestaan, om vir My te volg, andersins hy nie in die ryk van My voleindiging kan ingaan nie, hoe sal jy dit dan by jou tot uitvoering kan bring?!”

17. Sê die opperste: “Dit klink wel baie eienaardig; maar daar mag tog iets aan geleë wees! Laat vir my dus ‘n bietjie daaroor nadink!”

18. Die opperste dink ‘n rukkie daaroor na en sê dan: “Bedoel jy daar ‘n persoonlike of in die grond van gronde net ‘n morele navolging?”

19. Sê Ek: “Die persoonlik navolging, waar dit moontlik is, in aanhoudende verbondenheid met die morele navolging is natuurlik baie beter; maar as die persoonlike navolging as gevolg van ‘n ampsbekleding, wat ook daar moet wees, onmoontlik is, dan is die morele navolging met ‘n diep oortuiging ook moontlik. Maar die gewete moet vir My en alle mense en daaruit die reinste waarheid as die fondament van alle fondamente hê, andersins die alleen morele navolging geestelik dood sou wees. - Verstaan jy dit?”

20. Sê die opperste: “Dit is donker! Maar indien so, wat moet ek dan met al my mooi gode maak? My oervoorvaders het aan hulle geglo; is dit reg, dat ek aan die geloof van sodanige my voorvaders moet getrou bly, of moet ek begin om aan die God van die Jode te glo?”

Hoofstuk 68 Mobiele weergawe Kommentaar