Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 69 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 69

1. Sê Ek: “Liewe vriend, aan al jou voorvaders is niks geleë nie en nog minder aan hulle gode, wat deur hulle vereer was; want jou voorvaders is lankal reeds dood, en hulle gode het, behalwe in die fantasie van poëtiese mense, nog nooit bestaan nie. Agter hulle name en afbeelde was daar nog nooit ‘n reële werklikheid nie. Indien jy dus die leë geloof aan jou gode laat vaar, is daar werklik niks aan geleë nie; want hulle kan jou siel net so min versterk, as wat getekende spyse jou liggaam kan versadig! Aan al dit, soos reeds gesê, is deurgaans niks geleë nie; maar alles hang af van die een rein waarheid en aan die lewe in, uit en deur daardie een rein waarheid!

2. Want as jy uit die leuen lewe, dan is jou lewe in homself niks anders as ‘n leuen en kan vir ewig tot geen realiteit gelang nie; maar as jou lewe, wat uit die waarheid voortgaan, in homself waarheid word, dan is ook alles realiteit en werklikheid, ongeag wat ook al jou lewe uit homself voortbring! Maar niemand kan uit die leuen die waarheid sien en erken nie, want vir die leuen is alles ‘n leuen. Net wie uit die gees van waarheid nuut gebore word en in homself waarheid, ja ‘n volle waarheid word, vir hom word selfs die leuen tot ‘n waarheid!

3. Want wie die leuen as ‘n leuen kan erken, die is in alles self waarheid, omdat hy die leuen onmiddelik as dit erken, wat sy is; en dit is ook waarheid! Verstaan jy dit?”

4. Sê die opperste: “Vriend! Jy praat reg en daar is ‘n diep wysheid in jou! Maar die groot heerlike waarheid, waar is sy, en wat is sy? Is die dinge waar, soos ons hulle sien, of sien die oog van die neger dit nie anders as ons nie? Vir die een proe ‘n vrug soet en aangenaam, terwyl dieselfde vrug vir iemand anders bitter en sleg proe! Net so praat verskillende stamme van mense verskillende tale; watter een onder hulle is waar en goed?! In die besonder, elke enkele individu op sy eie gereken, kan baie dinge waar wees; maar ‘n algemene, alles omvattende waarheid, kan volgens myns insiens nie bestaan nie, - en indien daar een is, dan wys vir my, waar en wat daardie waarheid is, en waaruit sy bestaan!”

5. Sê Ek: “My vriend, sien, daarin lê die ou, aan jou bekende Gordiaanse knoop, wat behalwe vir die bekende held van Masedonië niemand kon ontknoop nie!

6. Wat jy met die middele van die vlees sien en voel, is soortgelyk aan die vlees en sy middele; dit is soos die vlees self onbestendig en verganklik. Maar wat onbestendig en verganklik is, hoe moontlik kan dit vir jou stof vir die ewig aaneen bestendige en onverganklike waarheid bied?!

7. Daar is net een ding in die mens, en daardie groot en heilige een ding is die liefde, wat daar ‘n regte vuur uit God is en in die hart woon; en nêrens behalwe alleen in daardie liefde is waarheid, omdat die liefde self die oergrond van alle waarheid in God en vanuit God ook in elke mens is!

8. As jy die dinge soos jouself in die volle waarheid wil sien en erken, dan moet jy hulle ook vanuit daardie alleen ware oergrond van jou bestaan sien en erken; alles andere is oëverblindery, en die kop van elke mens, en wat in die kop is, behoort tot die gebied van die aan jou bekende Gordiaanse knoop, wat niemand met peinsery kan ontknoop nie.

9. Net met die gees van liefde in die eie hart, kan die mens met snydende geweld daardie knoop in twee stukke kap en dan begin om in die hart te dink, te sien en te erken, en kan op sodanige nuwe baan dan eers na die waarheid van sy eie, sowel as enige ander bestaan en lewe gelang!

10. Jou kop kan vir jou tallose gode skep; maar wat is hulle? Ek sê vir jou, niks as ydel, lewelose afbeelde, wat deur die los meganisme van die brein tot stand gebring is; maar in die hart sal jy net een God vind, en dit is die waarheid, omdat die liefde, waarin jy die alleen ware God gevind het, self waarheid is.

11. Die waarheid laat hom dus net in die waarheid soek en vind; maar die kop het genoeg gedoen, as hy vir jou die sleutel tot die waarheid gelewer het. Maar alles wat vir jou tot die waarheid en liefde vermaan en trek, kan ‘n sleutel wees; volg dus daardie trek en sodanige vermaning en gaan in na die liefde van jou hart, en jy sal die waarheid vind, wat vir jou van elke leuen sal vry maak!”

Hoofstuk 69 Mobiele weergawe Kommentaar