Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 70 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 70

1. (Die Here): “‘n Voorbeeld sal die saak vir jou nog helderder maak.

2. Sien, daar is sommige van jou onderhoriges, wat hulle teen jou wet versondig het, en moet derhalwe getugtig word. Jy hou wel die voorgeskrewe ondersoek met hulle en wil graag deur allerlei slim vrae hulle eie bekentenis uit hulle kry; maar hulle lieg uit hulle koppe net so slim, soos wat jy hulle met slimheid en verstandigheid uit jou kop ondervra. Op hierdie manier skep dus altyd die een leuen vir die ander lug, en jy kom ten einde tot geen ander beslissing, dat jy hulle ten slotte sonder hulle bekentenis, dit wil sê bloot net op grond van dikwels vyandig gesinde getuies, waarin daar ook geen waarheid is, tot die straf moet veroordeel en daarby altyd verseker kan wees, dat uit tien skaars een ‘n regverdige hofbeslissing ontvang het en die onskuldige met die skuldige dieselfde lot oorgekom het!

3. Maar stel vir jou vir ‘n slag nie as regter, maar as ‘n mens vol liefde teenoor jou arme broeders wat vir hulle aan jou versondig het, voor, en verwek in hulle harte teenliefde, en daardie sondaars sal vir jou met berou en baie trane getrou en waar beken, hoe, wanneer en wat hulle teenoor jou gesondig het! Maar dan moet ook die straf wegval! Want elke straf is geen waarheid nie, maar die teendeel, omdat dit nie uit liefde , maar uit die toorn van die wet en die’ se gewers afkomstig is. Maar die toorn is self ‘n oordeel; terwyl die liefde is nie in die oordeel nie. Maar waar die liefde kort, daar is ook geen waarheid nie.

4. Hou dus by die rein liefde en handel uit haar waarheid en krag, en jy sal dan ook orals die waarheid vind en sal baie sigbaar gewaar word, dat daar wel ‘n algemene waarheid bestaan, wat nie net hierdie aarde maar die hele oneindigheid deurdring!

5. Indien jy so onder die mense sou handel, dan sou jy vir My volgeldig navolg en deur sodanige navolging ‘n stryd voer om die ewige lewe te kry. Maar as jy bly soos wat jy nou is, dan sal vir jou anderkant die graf niks as nag en ‘n leë, leuenvolle bestaan, wat daar die gees van liefde en wysheid se dood is, oorbly!

6. Want sien, hierdie lewe op aarde is net van ‘n baie korte duur; dan kom die eindelose ewigheid! Soos wat jy sal val, so sal jy ook bly lê, as die egte waarheid nie in jou lewendig geword het nie!

7. Nou weet jy alles, wat voorlopig vir jou nodig is om te weet. Maar as jy meer wil weet, dan moet jy te gelegener tyd na die owerpriester Jonael in Sichar gaan; hy sal alles vir jou verkondig, wat hy van My geleer, gesien en ervaar het! Handel daarvolgens, dan sal jy salig word!”

8. Heeltemal deurdring deur die waarheid van My toespraak, sê die opperste: “Vriend, ek het nou uit jou toespraak ontneem, dat jy ‘n wyse van al die wyses van die aarde is, en ek sal derhalwe ook alles doen, wat jy vir my aangeraai het; maar ek wil net dit van jouself ervaar, wie jy dan in werklikheid is! Want sien, afgesien daarvan, dat die jongelinge wat vir jou begelei vir my ‘n volle, mees vernederende nederlaag berei het, wat ek vir my op geen ander manier kan verklaar nie, behalwe dat ek noodwendig moet aanneem, dat hierdie jongelinge of gode of genieë uit die hemel moet wees en derhalwe in staat was om vir my wonderbaarlik op vlug te laat slaan, erken ek net bloot uit jou oorgroot wysheid alleen, dat jy klaarblyklik meer moet wees as net ‘n heel eenvoudige mens! Jy het dit sekerlik reeds vir baie van jou dissipels gesê en gewys, wie jy is; maar jy kan sien, dat ek nou self heel volkome ernstig is, om ten minste in die gees ‘n dissipel van jou te word! Sê dit dus ook vir my, wat ek van jou self moet hou! Wie en wat en waarvandaan is jy in die grond van gronde!”

9. Sê Ek: “Eerstens het Ek dit in die grond van gronde reeds vir jou gesê en op so ‘n manier, dat jy dit maklik kon verstaan, indien jy daaroor sou nadink, en tweedens het Ek vir jou daarvoor so pas aan Jonael verwys. Indien jy na hom toe sal kom, dan sal jy wel alles ervaar, wat jy nou nog kortkom. Maar jy moet ons nou nie langer ophou nie; want die dag begin, om sy einde te nader, en Ek moet vandag nog sommige dinge afhandel!”

10. Sê die opperste: “Laat vir my dan toe, dat ek vir jou tot by die stad mag begelei!”

11. Sê Ek: “Die pad is vry, en indien jy vir My met ‘n goeie bedoeling wil begelei, dan doen dit! Maar as daar in die geheim nog enige bose rede voorhande is, moet jy eerder tuis bly; want sodanige begeleiding sou nie vir jou van enige seën wees nie! My mag het reeds getoets.”

12. Sê die opperste: “Dit bly ver weg van my, ofskoon ek in hierdie kritiese tyd rede daarvoor sou gehad het, waarin die mietetyd aanhoudend nader en nader kruip, waartydens die Jode van hulle God ‘n geweldige redder uit die heerskappy van Rome verwag, en ‘n mens van tyd tot tyd van Joodse kant in die ore gefluister word, dat sodanige redder hom reeds op aarde bevind! Maar ek kan dit vir my baie maklik voorstel, dat juis jy daardie redder is, - ja, in die geheim het ek dit ook reeds gedink. Maar dit kan nou wees soos dit wil, - ek erken vir jou as ‘n wyse van alle wyses en is lief vir jou omdat jy ‘n ware vriend van mense is, en daarom moet sulke my gedagtes vir my ook nie daaraan hinder, om vir jou ter wille van die waarheid te volg nie; persoonlik tot Sichar en geestelik dwars deur my hele lewe, alhoewel ek wel weet, dat ek vir my as ‘n Romein daardeur geen triomfboog sal oprig nie! Nou het ek vir my heeltemal aan jou onthul en vra dus vir jou nog ‘n keer, of ek vir jou mag begelei. As jy ja sê, dan sal ek vir jou begelei; maar as jy nee sê, dan sal ek hier bly!”

13. Sê Ek: “Nou dan, begelei vir My met almal van hulle, wat hier aan My sy staan, sodat geldige getuies aan jou sy sal staan!”

Hoofstuk 70 Mobiele weergawe Kommentaar