Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 166 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

12. Bykans iedereen in Jerusalem ken naamlik U afstamming, aangesien mens U vader en moeder, asook U broers maar al te goed geken het; want hoe gereeld gebeur dit nie dat U vader, wat algemeen bekend staan as `n vaardige timmerman en skrynwerker, by ons in Jerusalem werk te doen gehad het en dat Uself nie selde met hom en U broers as timmerman saamgewerk het nie. Plotseling het U as dieselfde timmerman te midde van verskeie leerlinge as leraar van die volk opgetree, het in Jerusalem onderrig en `n skerp getuienis aan ons gegee. Daarom sal U goed kan begryp dat ons haat teen U enorm moes toeneem, toe U, elke keer wat U in Jerusalem verskyn het, ons by die volk in verleentheid gebring het en teen ons getuig het dat ons geen dienare van God, wat ons nie sou ken nie, maar net verskeurende wolwe in skaapsklere en derhalwe dienare van Beëlsebub sou wees; sodoende sou ons die volk nie by die lig en daarom ook nie in die hemel kon binnelaat nie en sou ons self ook nie na binne gaan nie, en so was daar nog `n groot aantal ergerlike verkleinerende getuienisse, wat ons met ons eie ore gehoor het of wat ons getrou deur ander meegedeel was.

Hoofstuk 166 Mobiele weergawe Kommentaar