Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 171 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

8. God was van ewigheid `n suiwer en volmaakte gees en kan daarom niks anders wil nie as dat al Sy skepsele mettertyd langs die deur die Skepper voorsiene weë weer die ene word wat Hyself is - net met die verskil dat hulle, voordat hulle in sekere sin tot materiële bestaan geroep word, niks anders was as net groot gedagtes en idees van die Skepper nie. Die het Hy toe met die mag van Sy wil, met verloop van baie lang tye in `n sekere sin op sigself bestaande, buite Homself geplaas en hulle `n omhulsel gegee, waarbinne hulle hulleself geleidelik aan steeds meer moes beskou en leer ken en deur My hulle tog nog altyd deurdringende krag hul sin vir selfstandigheid en vryheid in hulleself moes laat ontkiem.

Hoofstuk 171 Mobiele weergawe Kommentaar