Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 202 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

8. RafaEl sê: “O nee, my beste vriend, dit het ek eg self gedoen. Want sien, netsoos al die ander, wat die ruimte betref, kan ook die tyd in baie klein stukkies verdeel word, en wel sodanig dat die tydsverloop, wat jy `n oomblik noem, in `n eindelose reeks van nog korter spanne tyd ingedeel kan word! Vir jou en jou begripsvermoë is so `n klein stukkie tyd natuurlik so goed soos niks nie, maar so is dit nie vir ons volmaakte engelegeeste nie; want in so `n baie klein stukkie tyd kan ek my tallose male van hier heel ver weg en weer terug beweeg, terwyl jy nooit sal merk dat ek in die tyd ook maar `n oomblik afwesig was nie, en die mense op daardie mees verafgeleë punt, waarheen ek my beweeg het, sal my aanwesigheid netso min mis as jy! Weet jy hoe vinnig `n gedagte is?”

Hoofstuk 202 Mobiele weergawe Kommentaar