Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 208 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

16. Maar kyk hier, by hierdie Romeine is Ek nie genoodsaak om so `n teenvraag te stel nie, want hul skerpsinnigheid ontdek ieder verskil wat daar bestaan tussen die een of die ander daad wat Ek verrig het! Ek het destyds tog ook op baie groot skaal `n vermeerdering van voedsel bewerkstellig, toe Ek verskeie duisende mense met `n paar brode en visse ruim voldoende versadig het, en Ek het voor julle oë ook `n groot aantal dade verrig, wat hierdie Romein van ons tot die meer natuurlike en verstaanbare sou reken. En tog het julle destyds nie gesê: Majesteit en Heer, ons dink ons kan begryp dat U ons nette al verskeie kere met visse gevul het, hele woeste streke vrugbaar gemaak het en by die bruilof in Kana in Galilea en op veel ander plekke water in wyn verander het; maar hoe kon U op sigself dooie brode en visse soseer verander, dat vele duisende hulle meer as voldoende daarmee kon versadig het?”

Hoofstuk 208 Mobiele weergawe Kommentaar