Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 209 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

7. As die spyse eenmaal hulle belangrike deel aan die liggaam, die senuwee en die siel afgegee het, word die in feite onsuiwer deel van die materie, wat jy tot jou geneem het om jou liggaam in die lewe te hou, via die twee natuurlike uitgange uit die liggaam verwyder. As `n mens egter in ieder opsig `n swelger geword en sy buik tot afgod gemaak het, dan kan die voedsel wat tot hulle geneem is, asook die te veel wyn wat in die maag gegiet is, nie meer volledig afgeskei word in die twee mae nie, wat Ek vir jou uitgelê het. Daardeur beland daar nog baie dele - wat die liggaam, die senuwee en die siel in die lewe moet hou, maar wat nie van die voedsel onttrek is nie - in die groot buik en die derms en vir `n ander deel via die lewer en die milt in die urineblaas; daar veroorsaak dit opnuut gisting, waaruit allerlei siektes vir die liggaam mettertyd ontwikkel en wat die siel traag, afgestomp en gevoelloos maak.

Hoofstuk 209 Mobiele weergawe Kommentaar