Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 222 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

5. Ek sê: “Absoluut nie, My beste vriend, want `n teken is in sekere sin slegs `n noodryping vir diegene, wat na daardie teken onmiddellik gelowig word en hul daarna oor niks meer bekommer het nie. Sien, dit was by jou absoluut nie die geval nie, want ook nadat Ek die tekens gedoen het, het jy heel onbegryplike tussenwerpsels aan My gemaak, en toe het Ek met My woord selfs heelwat moeite moes doen om jou op die korrekte weg te sit, wat egter geen verstaanbare opgawe was nie. Want selfs toe jy al heeltemal in My geglo het, het jy My nog skerp kritiek voor die voete gewerp ten aansien van My handelswyse met alle skepsele, en veral met die mense op hierdie aarde, en as Ek jou nie met die waarheid van My woorde baie kragtig van repliek kon bedien het nie, sou alle tekens wat deur My gedoen was, jou nie daartoe gebring het om volledig in My te glo nie. Jy het dus veel meer deur die krag van die waarheid in My woorde tot die ware geloof in My gekom, en die tekens wat Ek daarvoor en daarna gedoen het, het jy nie meer opgeneem as `n bekragtiging van jou geloof in My nie, maar alleen as `n weldaad wat Ek aan jou en aan hierdie stad bewys het, waarvan jy self nou netso goed begryp hoe dit tot stand gebring kan word as Ek en RafaEl - wat jy baie binnekort nog beter sal begryp.

Hoofstuk 222 Mobiele weergawe Kommentaar