Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 225 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

5. Wie dit wat Ek nou gesê het, by sy huishoudelike spaarsaamheid in ag neem, sal van My in alle opsigte geluk en seën in oorvloed kry, en daardie geluk en die seën sal voortaan ook by sy huis en sy gesin bly. Wie dié lewensbeginsel, wat Ek nou onder woorde gebring het, nie in ag neem nie, sal meemaak dat sy kinders en verwante, dit wat hy so moeisaam bymekaar gespaar het, maar al te gou en gereeld op die liederlikste wyse verspil en dan baie vinnig met allerlei nood en ellende te kampe kry. Doen jy dus alles verstandig en wys ooreenkomstig My leer, en dink by alles goed na oor die gevolge en die uiteindelike resultaat van jou handeling!”

Hoofstuk 225 Mobiele weergawe Kommentaar