Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 241 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

6. Dat bepaalde vrugte goed is om te eet, dat in veel kruie geneeskrag skuil, dat gras dien vir die diere wat ons grasvreters noem, dat hout nuttig is om vuur te maak en ook vir die bou van huise en hutte, dit weet die mense uit ervaring; maar veel meer as dit weet die mense oor die algemeen egter nie! Derhalwe sien ek die mense steeds as baie beklaenswaardige skepsele van `n almagtige Godheid, of hulle nou in die baie diep nag van hul bygeloof lewe of as uiters gevierde wyses op aarde rondwandel, aangesien geeneen van hulle weet waarom hulle eintlik, sonder om dit te weet en te wil, op hierdie aarde geplaas is nie, en ek dink dat U, wat self `n buitengewoon wyse en wonderbaarlike Heer is, my geen ongelyk sal gee nie!

7. Dat daar na die afval van die liggaam `n seker voortgaan en voortbestaan van die siel van die mens moet wees, daaroor is alle wyses van die aarde wat ek leer ken het, dit eens; maar van welke aard dit is, daaroor bestaan tot nou toe nog geen ooreenstemming nie.

8. U sal wat dié punt betref, stellig ook een van die mees wyse sienswyses besit; maar as jy die sienswyse van alle ander wyses daarmee vergelyk, sal dit nie daarmee te verenig wees nie. Het ek gelyk of nie?”

Hoofstuk 241 Mobiele weergawe Kommentaar