Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 242 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

10. As Jerusalemmer, wat met hierdie opvatting van my eens is, kan jy in ons geselskap praat soos dit jou pas; want ons Romeine is vir elke egte waarheid en wysheid toegankliker as welke ander volk ookal op aarde, en by ons word `n werklik wyse en verstandige mens gelyklik gerespekteer, sonder onderskeid van geloof in transendentale psigiese sfere* *( Gebiede van die siel wat die bonatuurlike betref.)

11. Daarop sê die fariseër: “My beste, vriendelike herbergier, ek het al met baie Romeine gepraat - maar `n vryer en verstandiger Romein as jy het ek nog nie teëgekom nie! Maar sou jy iets kan sê oor ons geloof, wat in hierdie tyd sterk bedreig word?

12. Daar het naamlik in Galilea `n Man opgestaan, wat al byna drie jaar rondtrek en daar buitengewoon beledigend preek oor ons, daarby bepaalde tekens doen soos die Essene en die hele volk tot sy leer bekeer deur Hom uit te gee as `n seun van God en selfs op grond van die Skrif duidelik aantoon dat hy die beloofde Messias is. En ons weet nou nie wat ons moet begin nie.”

Hoofstuk 242 Mobiele weergawe Kommentaar